Upington Tafelronde het hierdie jaar n sterk span afgestuur Margate toe om tafel 79 te verteenwoordig by die ARTSA byeenkoms.
Die manne is Woensdagoggend vroeg uit Upington uit om die 1350km pelgrimstog na Margate af te lĂȘ. Genadiglik het hulle veilig arriveer aan die Wilde kus, waar n wilde naweek vol opwindende forums en gesprekke rondom tafel hul program baie vol sou hou tot Sondag.
Woensdagaand het die manne rustig verkeer in Margate, voor Donderdag se registrasie .
Donderdag was gevul met Upington Tafelaars wat bietjie bande kon smee met tafelaars van regoor die wereld. Ons het die geleentheid ten sterkste gebruik om uit te reik na ander tafels en meer inligting deur te gee oor ons area en wat alles in die NoordKaap gebeur.
Vrydag was n baie vol dag, die tafelaars het n verskeidenheid forums bygewoon om dieper insig te kry rondom Tafel in Suid Afrika, en hoe dit bestuur word.
Vrydagaand was daar uiteindelik n sosiale geleentheid, waar tafelaars ons area se gunsteling disse uitgeruil het met die van ander tafels, na dit het n onspanne funksie plaasgevind waar alle tafelaars teenwoordig was in hul Area Truie, weer n lekker geleentheid om bande te smee, en nuwe vriende van ander tafels te maak.
Saterdag was vroeg afgeskop met die Alegemene Jaar Vergadering, ons voorsitter, Wille Gresse en uitreende voorsitter Adriaan Pearson, was aangenaam verras deur die profesionele wyse waarop die vergadering hanteer was, ander lede het saamgestem dat dit n suksesvolle oggend was. Ons het daarna n paar ure afgehad om die area bietjie te verken en het die tyd gebruik om bietjie te kan onspan tydens al die bedryfwighede.
Saterdagaand was die Formele Dinee, dit het al ons tafelaars in ons pakke gekry, en gesorg vir n aand vol heerlike kos, prysoorhandigings en gesseligheid.
Upington 79 bedank graag vir die WildeKus tafelaars wat n ARTSA soos min aangebied het, ons sal enige tyd weer in julle vriendelike dorp kom kuier.