Upington 79 se jaarlikse Winterknights fondsinsameling was hierdie jaar bietjie anders benader.
Niks brand soos die koue nie, en hierdie jaar wou ons dit ervaar, en regtig verstaan wat dit beteken om sonder iets warms die winter deur te kom.
Met behulp van ons sakegemeenskap en individue, het ons hierdie jaar dinge anders gedoen , die bestuursbibber het besighede en individue uitgedaag, om die aand saam met ons in die koue deur te bring.
Ons het seker gemaak die vure brand hoog en die gees nog hoër.
Van 8uur Vrydagaand tot 6uur Saterdagoggend, het Upington se tafel, tesame met ons borge en donateurs, die koue aangevat en sodoene meer as R50 000 ingesamel, sowel as baie klere, blikkies kos en ander nie bederfbare items.
Upington 79 se baie dankie vir die Gemeenskap se konstante ondersteuning.
Upington Tafelronde 79 se Voorsitter, Conrad Gresse II oorhandig hier van die klere en nie bederfbare items wat ingesamel is tydens die #WinterKnights projek aan FAMSA wat seker sal maak dit maak ‘n verskil in ons plaaslike gemeenskap. Baie dankie aan die Upington Publiek vir jul ruimhartige skenkings.
Waar begin n mens om dankie te sê aan elkeen wat hulle aand opgeoffer het om hierdie projek te ondersteun vrydag aand 27 Julie 2018. Hulle sê koue hande warm liefde so het ons dit ervaar bydie Winter Knights projek. baie dankie ook vir die gemeentskap vir hulle bydra tot ons projek.
Upington Tafelronde 79 samel weer nie bederfbare produkte, warm klere, en komberse, skoene en alle ander items wat stof opgaar in kaste in hierdie winter. Soos gewoonlik, sal daar weer n lekker braai gehou word op
n koud genoeg aand erens langs die pad waar ons mense sal aanmoedig om nog klere te bring.
Tot dan, lewer asseblief jul donasies af by Upington Slaghuis en Upington Volkswagen.
Help ons om `n verskil te maak in die lewens van die wat nie so bevoorreg soos ons is nie.
Kontak vir Conrad op 081 339 7644 vir meer inligting