Upington 79 se fellowship spoon is n tradisie so oud soos ons Tafel, dus, langer as 50 jaar. Die reel se dat die lepel elke maand van een tafelaar na n ander moet skuif voor die volgende vergadering gedurende `n sosiale geleentheid. In meeste gevalle word daar by die reels gehou aangesien die straf vir die verbreuk van hierdie reel so streng is dat dit selfs nie eers in die Inkundla gepubliseer kan word nie.

Nadat Willie Gresse wel so straf ontvang het moes hy vinnig planne maak om voor die Julie vergadering die lepel te oorhandig. Ter veiligheid is twee tafelaars genooi vir n lekker braai en verversings. Louis van der Walt was tafelaar nommer drie wat ongenooid opgedaag het. Die vrouens het lekker gekuier, en ons het lekker gebraai. AJ Bloem is die gelukkige toesighouer van ons Fellowship Spoon vir die volgende maand.

Dit was `n lekker aand vol fellowship, en AJ het doodseker gemaak die lepel kom veilig by sy huis aan. Dit is voorwaar n voorreg om te sien dat Upington Tafelaars so mooi kyk na hul regalia!

Die nuwe baas van die fellowship spoon AJ Bloem, Links is die ongenooide tafelaar Louis van der Walt, langs AJ `n gelukkige man wat nie meer die lepel het nie, Willie Gresse, en langs hom `n gelukkige man omdat hy hom nie ontvang het nie, Conrad Gresse

 

AJ Bloem maak seker die lepel kom veilig tuis.

 

Die volgende more, en Upington 79 se fellowship spoon is steeds veilig