UPINGTON 79 in die NAMAB
Upington 79 Tafelronde en `n paar goeie vriende het onlangs `n epiese ekspidisie aangepak na Meob Baai, met Swakopmund as ons eindbestemming. Die trip se beplanning kom al meer as `n jaar aan en almal het baie uitgesien om die pad te vat. Bakkies is gechip, gewiel, gewas en gelaai.
DAG 1
UPINGTON TOT BETTA – Dag 1
Net na 7 Saterdag oggend het ons Upington verlaat. Amper almal was betyds. Daar is bere plek gesoek vir `n ekstra sak of twee en so klein bietjie proviand versteek waar nodig. Almal is veilig oor die grens sonder enige moeilikheid. `n Vinnige pitstop of 7 is gemaak oppad Betta toe sowel as `n koue enetjie of twee by Helmeringhausen se hotel en ons was net betyds vir die Bokke Argentinie wedstryd. Gelukkig het die Bokke gewen en almal was in `n goeie bui. Die aand het ons moeite gemaak om Betta se plaaslike ekonomie `n hupstoot te gee deur hul kroeg ruimskoots te ondersteun. Daar is darts gespeel, stories vertel, en steak geeet. Van die manne het beter as ander geslaap en vroeg gesien wie die snorkers is en waar om slaapplek te kies vir die res van die trip.
BETTA TOT WOESTYN – Dag 2
Vroeg oggend is daar ontbyt geeet op Betta, volgemaak, hout gelaai, en puzzles gebou om alles weer te laat pas op die bakkies. Ons was oppad na Solitaire om ons gids te ontmoet en alles het mooi op tyd verloop. Ongelukkig het `n sekere Hilux toe `n papwiel gekry. 12 mense het in rekordtyd die band omgeruil na dit duidelik was dat plugs nie die job sou doen nie. Ongelukkig was dit nie die einde van die probleme met die Hilux nie. So 15km buite Solitaire het die Hilux se linker agterwiel besluit dis `n goeie idee om die bakkie verbytesteek. Hierdie keer was ons moeilikheid bietjie erger. Hulp was verkry uit Solitaire uit, en die bakkie is deur `n properse mechanic reggemaak langs die pad, met finale verstellings in Solitaire. In Solitaire is radio’s getoets, baie appel tert ge eet en lekker gekuier terwyl ons gewag het vir finale reparasies. Aangesien ons nou omtrent 4 ure agter schedule was is daar redelik kole gegooi om die woestyn te haal. Ons het mooi tyd ingehaal en die aand in `n rivierloop oornag. Gou het ons ook gesien dat almal nie dieselfde gemak benodig om te slaap nie. Daar was slaapsakke, stretchers, vleissakke en 8 slaapkamer tente opgeslaan. Ons het lekker langs die vuur gekuier en gepraat oor die mooi natuurskoon wat ons reeds gesien het. Tot groot opwinding van Chris Voges was die eerste hofsitting ook gehou, onder lyding van Hoofregter Hennie Becker. Almal het lekker gekuier en die manne het stuk stuk loop bed vat.
WOESTYN TOT WOESTYN – Dag 3
Dag 3 het aangebreek en almal het weggele aan breakfast en toe begin die groot pak weer. Met almal gelaai en reg vir die dag het ons die pad aangedurf. Woestyn in. Almal was verstom oor waar ons ry, en die grootte van die duine wat ons klim. Ons het tussen 8 en 12 heeltyd ons weg gevind see se kant toe e netlike verversingsstoppe is geneem. Party omdat ouens dors was, en ander om moed te skep vir die volgende klein 100m slipfacesietjie wat voorle. Middag ete is geniet in die middle van die woestyn en daarna het ons aanhou ry tot dat skemer geraak het. `n Ontsmaaklike koue windjie het die temperatuur aansienlik verlaag, en daar is vining vuur aangesteek terwyl manne hul tente, vleissakke, slaapsakke en sandholtes reg gekry het vir die aand se nagrus. Daar is lekker ge eet, lekker gekuier, hard hof gehou en die wind het bedaar. Klomp manne was moeg na `n lang dag en het vroeg loop inkruip terwyl `n jong man of twee wakker gebly het en `n paar belangrike lewenslesse gekry het by meer ervare manne. Die aand het die windjie weer opgekom, en almal was vroegmore op opsoek na iets om hul warm te maak.
WOESTYN TOT MEOB BAAI – Dag 4
Dag 4 is ons vroeg weer aan die gang gewees en is die duine aangedurf oppad na Meob Baai. Ons het rondom 8 uur die pad gevat nadat Klaskaptein, 41er, en Hoof reelings beampte Hennie Becker, soos op alle dae eers die dag vir ons op die regte manier begin het. Rondom 11 uur het ons `n vinnige brunch gevat op `n mooi duin en was ons al naby genoeg om amper die see te sien en te ruik. Na brunch het ons mooi beweeg en teen 3 uur die middag het ons Meob Baai se kamp plek bereik. Bakkies is afgepak, slaapsakke in die son gegooi, en almal het rustig ingesettle en ontspan. Kort daarna is dit see toe en moes ons sorg dat aandete gevang word. Soos proffesionele hangelaars is daar vinnig oorgenoeg vis gevang en kon ons met sononder terug kamp toe. Baie manne het hul eerste stort gevat in `n hele paar dae en die warm water is baie geniet. Die aand het ons lekker gesmul aan ons vars gevangde visse end it hopeloos te veel geniet om weer op sement te kon kuier, en met beskutting. Na `n lang dag se ryery was daar `n baie groot hofsitting. Met baie strawwe vir vassit, visvang, en vele meer. Lyfstraf, Snuifstraf, en sopie straf is uitgedeel en almal het baie lekker gekuier. Die aand is almal weer in sarsies tente toe en na 2 aande in die woestyn het die lekker matrasse en tente amper soos `n 5 ster hotel gevoel.
MEOB BAAI – Dag 5
Duine, duine, en nog duine is uitgery. Van hulle was hoog, ander was baie hoog, van hulle moet jy 60km `n uur aandurf, ander 120km `n uur. Ons het van net na ontbyt tot 3 uur almal se bakkies beproef en meer duine gery as was enige normale mens in sy lewe sal ry. Daar is lekker gespeel, gejaag en gekompiteer. Net na 3 uur is ons terug kamp toe waar `n lekker middagete vinnig verober is, proviand in die Colemans hervul is, en toe is dit see toe. Die manne het hierdie keer met bietjie meer moeite gevang maar ons het darem weer oorgenoeg uitgehaal om weer lekker vars vis te he vir aandete. Die laaste aand van hof en kuier is die meeste van gemaak en almal het redelik vir goud gegaan en staaltjies gedeel van hierdie ongelooflike trip en die ongelooflike duine wat gery is. Manne het so stuk stuk bed gevat aangesien ons reeds 8 uur moes vertrek om die getei te mis en so vinnig moontlik in Swakopmund uit te kom.
MEOB BAAI na SWAKOPMUND – Dag 6
Ons was amper betyds maar net net te laat en kon nie die hele pad langs die see ry nie. Meeste van die groep was wel baie opgewonde daaroor aangesien dit beteken het daar word nog duine gery. Ons het `n paar interresante dinge gesien soos ou walvis beendere, die ou bakery van Meob Baai, en `n moerse klomp robbe oppad terug na beskawing. Ons het Walvis betyds getref om vir Marius Orffer op sy vlug Kaap toe te kry soda thy `n matriekafskeid kan bywoon en die res van ons het volgemaak, bande gepomp en ons toerleier PW gegroet. Daarvandaan is ons na Swakopmund. Almal het afgepak en bakkies laat was en so 80kg se stof laat uitsuig. Daarvandaan het ons `n lekker paar koues genie ten `n klomp oesters afgesluk. Die aand het ons almal `n laaste keer lekker saam gaan eet en winkeldrankies geniet.
SWAKOPMUND na UPINGTON – Dag 7
1400km se staaltjies en stories is geruil en almal het so vinnig moontlik huistoe gejaag. Almal was voor sononder veilig in Upington met baie goeie herhinneringe, baie stories, en reg vir hul eie beddens.
Hierdie trip was Upington Tafelronde 79 se 2de keer Namib Woestyn toe nadat ons in 2015 die Saddle Hill toer gedoen het. Upington 79 sien uit na ons volgende ekspidisie in 2021 en sal julle op hoogte hou van waarheen ons oppad is. Baie dankie vir al die lekker manne wat die toer meegemaak het en spesiale dank aan Hennie Becker vir al die reelings. Tot volgende keer.