923

Van die sakke vol klere wat ingesamel is.

574

`n Berig het in ons plaaslike koerant verskyn om die publiek bewus te maak van die projek.

573

Willie Gresse en Louis van der Walt oorhandig klere aan FAMSA Upington.

Philip Nagel berig uit Upington –  Upington Tafelronde 79 het, soos oudergewoonte, vanjaar weereens ‘n beroep op die publiek van Upington gedoen om hul kaste en harte oop te maak ten einde die minder bevoorregtes in en om die dorp te help om die koue weer te trotseer. Nadat ‘n berig in die plaaslike koerant geplaas is, is dit presies wat gebeur het en het ons klere van dese en gene van heinde en ver begin om donasies gemaak. Ons wil veral die ledemate van die Upington Weskerk uitsonder wat ‘n reuse bydrae gemaak het en was die insamel van hierdie klere ‘n reuse sukses, in so ‘n mate dat ons op twee geleenthede in staat gestel is om oorhandigings te doen aan FAMSA, wat die verspreiding van die klere hanteer. Graag wil ons ieder en elk bedank wat ‘n bydrae gemaak het en het ons weereens gesien dat ons in ‘n oophand area leef en dat mense nog vir mekaar omgee.