Upington se jaarlikse Kuierfees is weereens gehou die naweek van 24 September 2015. Dit was al van vroeg die week af ‘n groot geskarrel om alle reelings te tref ten einde alle voorrade aan te skaf en op ‘n verbruikers vriendelike temperatuur te kry. Verbruikers vriendelik in hierdie geval is so na as moontlik aan vriespunt..

Upington Tafelronde 79 het weereens die alombekende kroeg op die hoek met die koudste bier en genoeg TV’s gehad sodat feesgangers sport kon geniet en terselfdertyd ietsie kon geniet om die fisiese af te koel. Daar is reeds van vroeg die Donderdag begin om mense te bedien en skofte is uitgewerk ten einde mense so spoedig moontlik van die las van swaar beursies op die fees te verlos.

Die drie dae van die fees was gekenmerk deur bitter warm dae, maar daarvoor het ons die regte teenvoeter gehad en verkope was min of meer dieselfde as die vorige jaar. Graag wil ons die mense van URB,┬áCoke, Distell en SAB bedank vir alles wat hulle gedoen het asook Obie transport wat vir die duur van die fees ‘n yslike koeltrok tot ons beskikking gestel het ten einde ons produkte koel te hou.