Upington Tafelronde 79 het op 15 November 2015 die tweede keer die Upington Weskerk potjiekos aangebied. Op hierdie dag reel die kerk dat minder bevoorregte lidmate sowel as meeste van die bejaardes in die kerk genooi word vir ‘n middagete. Upington 79 is dan verantwoordelik vir die maak van genoeg potte sodat hierdie mense ‘n heerlike middagete kan geniet.
Hierdie jaar was besonders uitdagend ten opsigte van die datum van die pot aangesien een van die lede van die Tafel 79 die vorige aand sy ramparty moes he. Families en vriende is ingeroep om te help met die voorbereiding van die potte, wat genadiglik Willie se hoendersoppot uitgeskakel het.
Dit was ‘n heerlike familiesaamtrek en die mense het gesmul aan die lekker ete.