Vryburg 72 het in samewerking met Penguin verkoeling, Vryburg vleismark en OFM ‘n braaichallenge gehou op 18 September waartydens ons net net onder ‘n 1000 worsbroodjies verkoop het. Ons het ook op die dag ‘n jail for bail gehou waar ons ook verdere fondse kon insamel. Die hele dag was ten bate van klein LJ Visser.
Ons kon op die dag
R250,000.00 insamel en kon sodoende ‘n kwart miljoen Rand aan die LJ Visser trust oorbetaal.
LJ is ‘n 5 jarige seuntjie wat vir die afgelope 3 jaar teen kanker baklei het.
Klein LJ het intussen sy geveg teen die kanker verloor en sit nou aan die voete van Jesus.
Baie dankie aan almal wat ons met hierdie ongelooflike projek gehelp het.
Vryburg 72 groete