VRYBURG 72

Vryburg was in Maart 2016 gasheer vir die jaarlikse Donaldson Cross-Country rally, waar Vryburg 72 die Biertent oor n tydperk van drie dae beman het. Die Tafelaars het hul goed van hul taak gekwyt, en vir die jaers en gaste n baie lekker kuier aangebied.

 

Wegspring punt van die Rally.

m1

 

 

Vryburg 72 Tablers hard aan die werk.m2

 

Vlnr: Wilton, Mot, Attie en Ettas besig om roosterkoeke te maak.m3

 

 

Soos elke jaar het Vryburg 72 weer deel geneem aan die Winter Knights. Ons het soos oudergewoonte langs Ocean Basket in die hoofstraat van die dorp bymekaar gekom om die aand saam met die publiek te geniet. Die vure het hoog gebrand en dieTafelaars het gesorg vir lekker Roosterkoeke en iets te drinke teen die koue. Ons het goeie ondersteuning ontvang van die publiek, Kismet skool asook Tierkloof skool en n totaal van 75 swartsakke klere, 3 bale komberse en n verskeidenheid blikkie kos ingesamel wat in en om ons dorp aan behoeftige mense versprei gaan word.