Die RTNC winter area-konferensie skop af op Vrydagaand 7 Junie. Tafelaars vanaf die hele Noord-kaap en sommiges van so vêr soos Windhoek drom saam vir n hele naweek se sin praat en besigheids besluite neem. Gelukkig kon daar n tydjie afgeknip word vir samesyn en lekker kuier.
Die naweek skop af met n skaap spit op Vrydagaand. Saterdag vertrek die manne op n uitstap saam met die plaaslike Douglas 4×4 klub terwyl die dames die dorp behoorlik omdompel met hul “ladies tour”. Dit terwyl die menige afgevaardigdes die vergadering behartig. Soos dit ‘n goeie demokrasie betaam stem almal soos oudergewoonte met alles saam, die vergadering is voltooi en al die delegate vang die bus om die agtermiddag by die plaaslike 4×4 baan deur te bring.
Saterdag aand word daar gebraai en gekuier met die tema “Back to school / Prom night”. Hartswater 186 maak skoonskip by die prysuitdeling maar hul koevoet is net te klein en skandes te min om die “Stirrer” trofee by Douglas 224 af te vat. Dankie vir almal wat die area bygewoon het en moontlik gemaak het. n Spesiale dank gaan uit aan Douglas 224 se “legs”. Dames, julle is ons steunpilare en ons sou dit nie sonder julle kon doen nie. Ons sien uit om almal by die volgende area raak te loop, nuwe tafel bande te maak en bestaandes weer te rek tot op breekpunt.
Fotos beskikbaar op facebook