Round Table Northern Cape

PRIESKA 161 RAIDS UPINGTON 79

Conrad, Ruben, Hottie, Zach, 41er Cassie, Searge Louis, 41er Pieties, Jaco & Jaco – Prieska, Pearson, AJ Bloem (voor Straf), Nils, en Kerneels Greyling die Derde – Pipeliner Prieska 161

Prieska 161 het besluit om bietjie vir Upington 79 te kom kuier. Jaco, Jaco en Pipeliner Kerneels het op Donderdag 2 Augustus Upington se Augustus vergadering kom bywoon. Die manne het n goeie vergadering gekies om by te woon en moontlik langer gesit as waarvoor hulle reg was. Gelukkig het die aand se Sersant, Mnr Louis van der Walt mooi na hulle gekyk. Dit was `n baie goeie vergadering wat geopen is deur oud Upington 41er Mnr Pieties Lange. Baie geld is bereidwillig vir die plaaslike Upington gemeenskap. Na die vergadering is daar baie lekker gekuier, en het Prieska 161 vir ons Upington manne `n mooi bottle wyn gebring wat ons kan parkeer langs die mooi bottle whiskey wat hul laaskeer gebring het. Prieska 161 is nie met lee hande huistoe nie, en het seker gemaak hul Vlakvark gaan terug na sy oorspronklike tuiste. Onder die Upington items, is `n baie harde hammer en `n searge hoed aangeteken as geraide items. Baie dankie vir julle lekker kuier Prieska. Ons kom maak gou `n draai by julle…daar le nog n peperpot en `n paar ander belangrike dinge wat moet huistoe kom.

 

 

 

Pieties Lange, oud Upington 79 41er, besig met die Doelstellings. Adriaan Pearson en Kassie Janse van Rensburg fokus terwyl Willie Gresse lig maak.

Dankie vir die wyn Prieska 161

Augrabies 273 Besoek

Ek het Donderdag 12 Julie my eerste (maar nie laaste) amptelike besoek aan Augrabies 273 Tafelronde gemaak. Baie dankie aan Nils Gerber wat saamgery het en saam gekuier het. Aan die Augrabies Tafelaars, baie geluk met `n baie suksevolle vergadering. Baie dankie Niel Rossouw wat seker gemaak het sy vergadering verloop glad en dat daar genoeg tyd was vir ontspanning na die vergadering. Ons het ordentlik vergader, en daarna kon ek my suit en skoene uitskop en lekker fellowship geniet met die Augrabies manne!

Sien julle gou weer,

Willie Gresse

Noord Kaap Area Voorsitter

2018/2019

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve