Tafel Ronde Prieska 161 het op 3 Oktober 2020 ‘n Amazing Race tesame met n Stoordans gehou in Prieska.
Met die aanvanklike beplanning het die Covid-19 level 3 regulasies nog gegeld en was daar besluit om n nuwe projek “klein funksie” te reel wat aan die beperking van 50 mense voldoen. Die reelings het goed verloop en 20 paartjies is genooi om die dag mee te maak en dan om sommer die volhoubaarheid van so n projek te bepaal. Die aand sou by die plaaslike skiet klub afgesluit het met Jan Rhaap as gaskunstenaar.
Nadat die inperkingsreels gelig is na vlak 1 op 21 September het die manne en vrouens vinnig ons klein funksie laat ontplof.
Die Amazing Race was gehou soos beplan maar die aand funksie word toe geskuif na Schalk Theron (Prieska 161 41’er) se plaas Stofbakkies en word toe n Stoordans.
Ons het op 27 September vir die eerste keer die advertensies laat loop en het vinnig agter gekom dat die mense uitgehonger is vir n kuier en dat ons ons beplanning sal moes aanpas om baie meer mense te kan akkomodeer.
Die Amazing Race het baie goed verloop en het ons 10 inskrywings gehad, na afloop van die projek het dit duidelik geblyk dat dit baie goed ontvang is deur almal daar en dit vir die toekoms n groot projek kan word.
Die Stoordans het ons almal se verwagtinge ver oortref. Ons het nagenoeg 250 mense by die funksie die aand gehad en het tot laat gekuier.