Augrabies 273 het hul Inhuldigingsdinee die jaar by die pragtige Lake Grappa gehou. Daar is lekker gelag en gekuier en Jan Doof en sy pragtige wederhelf het al die pad van Hartz gekom om die geleentheid mee te maak. Dankie Jan en Jolene! Dit was regtig ‘n spoggerige geleentheid met die mooiste vroue in die hele Noord Kaap aan die sy van die manne van Augrabies 273 en een Hartz 186 man! Paul Dippenaar is ingehuldig as Voorsitter van Augrabies 273 en dan het ons Hannes Kruger afgestaan aan die ” OU BALLE KLUB “. Hannes is nou ‘n 41er, maar weet Tafel is so dik in sy bloed ons sal hom meer as gereeld sien. Dankie aan almal wat die aand spesiaal gemaak het!
Augrabies 273 se bestuur vir 2015:
Voorsitter: Paul Dippenaar
Onder Voorsitter: AD Malan
Tesourier: Pieter Dippenaar
IRO/PRO: De Wet Strauss
Klubhuis: Niel Rossouw
Sekretaris: De Wet Strauss
Augrabies 273 Trofees vir 2014:
Tafelaar van die Jaar: AD Malan
Tafelaar Vrou van die Jaar: Lizmarie Kruger
Wieletrofee: AD Malan