Tafeljag – 29 tot 31 Augustus 2014

Siende dat die jagseisoen amptelik einde Augustus sluit, het ons besluit om gou vir oulaas ‘n laaste jagpoging aan te wend – sommer hier vlak by ons huis.  Ons is Vrydagnamiddag almal uit na Arrie se Put (een van ons 41’ers se plaas).

Die gebruiklike jaarlikse Tafeljag was hierdie jaar soos elke jaar ‘n prettige geleentheid. 11 van ons Tafelaars & 40’ers het dit bygewoon.

Natuurlik was van die manne se jag koors so hoog en die het Vrydagmiddag al begin jag terwyl die res eers Vrydagnamiddag uitgegaan het Arrie se put toe.

Met aankoms is die verversingtjies uitgepak, die glase reggesit en die ys geskink. Die vuur gepak en ‘n lekker vet persie rib is staan gemaak. Die manne het om die vuur gekuier en die pragtige natuurskoon en diere geniet wat by die watergat kom dors les het toe dit donker word.  Ons het lekker tjops gebraai wat mooi geloop het saam met ons dierbare vroutjies se slaaie.

Saterdagoggend is ons ge-koffie, ge-beskuit, ge-kopseerpille, ge-padkos-koelhouer pak, ge-armed en gereed vir jag !!

Hannes Kruger se Gator en ons 40’er Robin Mcdougall se bakkie het as jagvoertuie gedien.

 

Middagete het ons vuur gemaak en niertjies en allerhande lekkernye gebraai. En natuurlik het ons net seker gemaak dat die vloeistof is nog koud, ys is nog genoeg en die jagkoors is nog reg.

 

Teen sononder het ons 11 Springbokke gehad as bewys van ‘n suksesvolle dag. Hannes Kruger het almal beindruk met die bok wat hy in die kop geskiet het op 753m. RESPEK !!! Nadat De Wet Strauss van die Gator af ge”val” het wou hy opslag een van daardie bokke met die laaaaang omkrul horings skiet, ‘n Swart-Witpens, maar aangesien hy redelik hard geval het het ons hom maar vriendelik verplig om sy gedagte daaroor te laat vaar.

Na ‘n laaaaang dag het ons Saterdagaand “flame grilled” steak gebraai. Die ouens was redelik gestof en bebloed maar nietemin was dit ‘n heerlike aand. Die weer was in ons guns. Koud in die aand en lekker matig deur die dag.

Sondagoggend is almal vars en vroeg huis toe aangesien die kindertjies skree, die mammies wag en die pappies die mammies verlang.

Dit was ‘n heerlike naweek en ons sien uit na volgende jaar se Tafeljag.  Weereens baie dankie aan ons 41’er, Piet du Plessis, dat hy ons toegelaat het om op sy plaas te jag!!! Ons waardeer jou vertrou in ons en ons jagvermoeens opreg baie.

Y i T

Piet en Hannes by die springbok wat Hannes op 753m mooi in die kop geskiet het!!!

Piet en Hannes by die springbok wat Hannes op 753m mooi in die kop geskiet het!!!

En daar “dood” ons die verkeerde bok!!!!  De Wet rol in die grond rond na sy val van die Gator af!

En daar “dood” ons die verkeerde bok!!!! De Wet rol in die grond rond na sy val van die Gator af!

Nee wat, onkruid vergaan nie!! Net bietjie die stof afgeskud en nou is ons weer reg vir jag vat!

Nee wat, onkruid vergaan nie!! Net bietjie die stof afgeskud en nou is ons weer reg vir jag vat!

 Een oog jag-monster van Arrie se Put!!

Een oog jag-monster van Arrie se Put!!