Oktober Maand is Bandanamaand!! Augrabies 273 neem al vir ‘n hele aantal jaar deel aan hierdie baie besonderse dag en ons vaar elke jaar uitstekend met ons Bandana verkope.
Hier is die span van Redira Augrabies met hulle kleurvolle bandanas.
Augrabies Akademie se leerlinge ondersteun ook elke jaar hierdie projek van ons en hierdie jaar was geen uitsondering nie!!
Ons het hierdie jaar 300 bandanas verkoop vir die Sunflower Fund. Ons het ook hierdie jaar bietjie meer gefokus daarop om mense te motiveer om as skenkers te registreer by die Sunflower Fund.
Bandana Dag bly maar net ‘n hoogtepunt op Augrabies 273 se kalender.