Douglas is n plaasdorp in die klassieke sin en groot deel van die ekonomie draai om boerdery. Dit is voor die hand liggend dat n area wat snoesig tussen die banke van die Vaal, Oranje en Riet riviere lê n groot element van besproeiingsboerdery sal handhaaf. In daai sin is Douglas n ware oase in die res van die tans dorre Noord-Kaap. Nietemin hoef jy nie te vêr van die rivierbanke te gaan om te sien hoe die huigide droogte dit ondraagbaar maak vir vee en wildboere nie. Ons is almal bewus dat die Noord-Kaap nou al vir 5 jaar droogte ervaar en daar is steeds geen einde in sig nie. Round Table Noord Kaap het al menigte projekte geloods wat uitstekende werk doen om n bietjie verligting te bring aan moedelose boere.

Met al die behoefte sal mens verskoon word dat ons dink die besproeiingsboer se lewe is net groen deurnat weivelde. Moenie dink dit is maklik om n besproeiingsboer te wees tydens n droogte nie. Dit is n daaglikse stryd met staantye wat aanhoudend aangepas word en watervlakke wat net nie meer wil klim soos vroeër jare nie. Dit gepaard met alewig stygende insetkoste, bogemiddelde temperature, lae reënval en dan nog El Nino en La Nina wat ontydige wind en hael en ryp bring, vereis dat die moderne besproeiingsboer n paar innoverende planne moet he om nie net sy eie kop bo (die gebrek aan) water te hou nie, maar boonop dit wat hul kan spaar te gee vir die bure wat nie daai voorreg het nie. As daar ooit n vereiste was vir “aanneem, aanpas en verbeter” is boerdery definintief dit.

Omdat hulle weet wat dit vereis, vereer Agri Noord-Kaap jaarliks n uitmintende boer wat floreer onder hierdie uitdagende omstandighede met hul “Jongboer van die jaar” toekenning. Dit is dan vir ons as Douglas 224 n eer dat ons eie voorsitter, Mr. Hilton Megaw aangewys is as die wenner in die besproeiings kategorie vir 2019. En asof ons nie trots genoeg is nie, volg Hilton in Mr. Danie Fourie se spore wat dieselfde toekenning laasjaar verower het in sy onder-voorsitter jaar.

Ons as Douglas 224 is trots om industrie-leiers soos julle in ons midde te hê. Ons en die res van RTNC wens julle hartlik geluk.