Op Woensdag 24 Maart 2021 huldig Douglas 224 hul nuwe voorsitter, Francois Cilliers in vir 2021 – 2022 tydens ‘n glansryke geleentheid by Villiera Gastehuis in Douglas. Die samesyn was hoog en die aand het gesorg vir menigte skaterlag sowel as ‘n traan of twee – trots geborg deur die einste inkomende voorsitter tydens sy intreërede. ‘n Onbeplande hoogtepunt was ‘n besoek vanaf Wesley Klopper van RT Golden East 181 wat toevallig by die lokaal gebly het en besef het hierdie statige ouens moet tafelaars wees.
Eregaste sluit in een van ons oorspronklike stigterslede, Garth Megaw, sowel as Francois Cilliers Sr., ‘n oud-tafelaar, in bywoning vir sy seun se inhuldiging as voorsitter.

Trofee wennners:
Stoel van die jaar – Barend Cilliers vir sy harde werk om ons skietdag projek te reël en ‘n reuse sukses te maak.
Kakmakers ketting – Francois (Chapo) Cilliers vir verskeie redes.
“Stirrers spoon” – Jacques Engelbrecht vir sy relevante en wel-deurdagte bydraes tydens vergaderings.
Stuurman van die jaar – Franco Geldenhuys wat deur ‘n moeilike jaar bitter hard gewerk het as tesourier en kontakpunt vir menigte van ons welsyn uitreikings.

Douglas 224 portefeuljes 2021/22:

Voorsitter: Francois (Chapo) Cilliers
Ondervoorsitter: Jacques Engelbrecht
Tesourier: Franco Geldenhuys
Sekretaris: JJ Albrightson
Projekte sameroeper: Kobus Visser
Klubhuis: Danie Posthumus