Douglas se jaarlikse dryf is nie n ingewikkelde affêre nie. Jy bring jou dryf apperaat, of dit nou n tjoop of swaan of haai of stuk uitworp is, solank dit meer water verplaas as wat dit weeg (Dankie gr6 skeinat) sal dit moontlik die knoop haak. Jy en daai apperaat word dan n hele paar km teen die rivier op vervoer, en moet dan maar terug duimgooi saam met die stroom. Tussendeur moet jy jouself probeer geniet, gehidreer bly, en sovêr moontlik vermy dat die Noord-Kaap son jou nie skroei nie. Eenvoudig.
Tog is Douglas se jaarlikse dryf is vinnig besig om Douglas 224 se gewildste projek te word en hierdie jaar was daar ongeveer 120 vrywilligers wat saam met die 224 lede die dag geniet het. Al die elemente het goed saamgespeel en gesorg dat ieder en elkeen n goeie tyd gehad het. Hierdie is die 3rde jaar wat ons die dryf aanbied en die getalle het elke jaar sterk gegroei. Hierdie jaar moes ons selfs n tweede vragmotor inspan om die mense te vervoer. Die sukses van die dag was dan ook nie perongluk nie. Douglas 224 sou dit nie kon doen sonder ons getroue stoele nie en n spesiale dank gaan uit aan hulle wat gehelp het met die vervoer asook die vlot wat die dryfers vergesel het om te kyk dat niks te ernstig skeef loop nie.
Ons het groot planne vir die projek en sien onself dit stelselmatig uitbrei oor die jare wat kom. Hierdie is definintief een om dop te hou!