Die Ghaap RiverXtreme is oor die jare Douglas 224 se grootste projek en finansier n groot gedeelte van ons welsyn bydraes. Douglas 224 is een van die begunstigdes van die fees saam met Douglas vir diere, Huis Spes Bona, Hoerskool Douglas en Outreach wat almal baat by die harde werk wat die fees-kommitee jaarliks doen om die geleentheid te maak werk asook die getroue ondersteuning van die gemeenskap en die nasionale “Lotto” wat dien as die hoof borg.
Hierdie jaar was die fees nie sonder sy uitdagings nie. Op die einde is die fees oor twee dae aangebied op Michael Jacobs, n oud 224 tafelaar, se plaas “Luneburg”. Vrydag aand se hoof vermaak word verskaf deur Ramey Short wat met bitter kort kennis vanaf Johannesburg moes jaag aangesien die oorspronklike kunstenaar op die dag moes onttrek weens siekte. Meeste sal hom beter ken as “Dr. Quinton Meyer” van Binneland en as jy nie geweet het hy sing ook nie is jy nie alleen nie. Nietemin sorg hy vir n paar aangename verassings en het die skare behoorlik op hul voete gehad terwyl die tafelaars moes bont-staan om die glase vol te hou agter die kroeg. Saterdag is dit “Fatman” se beurt om sy ding te doen en daai ding doen hy toe met oorgawe.
N groot dankie gaan uit aan die fees-kommitee vir al hul harde werk, die kunstenaars en al die tafelaars wat hul tyd opgeoffer het.
Ons maak volgende jaar weer so!