Op die naweek van die 14de September 2018 het Hartz186 die voorreg gehaad om die jaarlikse Tri-Area aan te bied. En was dit nou een vir die boeke. Op die Vrydag aand het die tafelelaars en hul vroue geregistreer by Hartz186 se klubhuis waar hulle ‘n lekker steak en pap ete genuttig het. Hartz186 se 41ers het vir ons gebraai. Baie dankie manne.

Ons huidige ARTSA president Mr Sean Trautmann het die verrigtinge vir ons geopen.

Na die heerlike ete het manne tot die oggend ure heerlik saamgekuier.

Die Saterdag het die 3 Areas by die skool hul besigheids vergaderings afgehandel en banners uitgeruil. Die nuwe inductions is ook by die geleentheid gedoen. Baie welkom en geluk manne.

Die Saterdag aand was ‘n heerlike spit ete saam ‘n hoer soek ‘n boer party. En het die mense al out gegaan.

Sondag oggend het almal by die Wimpy geƫet en mekaar gegroet.