Op die naweek van 18de Oktober 2018 het Hartz186 die jaarlikse kroeg behartig by die Vaalharts Pekanfees.

Die Woensdag aand voor die skou het die manne en hul gesinne bymekaar gekom vir die tradisionele boom braai om die final reëling af te handel.

Die Donderdag aand het die skou afgeskop met ‘n bees veiling. Vryburg72 het vir ons kom kuier. Dankie manne.

Vrydag was die skou in vol stoom met verskei kunstenaars. Baie dankie vir almal se ondersteuning. Dit was ‘n grootsukses.