Augrabies 273 is die laaste 4 jaar intensief besig by MISPA kinderhuis op Keimoes.

In die 4 jaar het daar verskeie opgraderings plaasgevind. Ons het hulle huis geverf, vertrekke aangebou en ook die huis uitgeteel. Elke jaar pak ons ’n nuwe projek aan. Die jaar het ons “Home Schooling” aangepak.

Hester (Huis Moeder) het die behoefte van ’n rekenaar en printer met internet toegang geïdentifiseer.

Augrabies 273 in samewerking met Oranjerivier tenkers het dit maak gebeur. Na ’n onlangse besoek kon ons sien dat die rekenaar ten goede gebruik word en volgens Hester toon kinders baie goeie vordering.