20160827_133337

27 Augustus 2016 – Dit is weer tyd vir Prieska 161 se jaarlikse 4×4 kompetsie.  Alhoewel die kompetisie eers op die 27ste Augustus plaas gevind het het die beplanning al lank voor die tyd begin.  Die tafelaars moes die uitleg van die baan deeglik beplan en harde ure is ingesit twee weke voor die kompetisie.  Prieska 161 se manne het amper elke Saterdag in Augustus in die Bos by mekaar gekom vir planne en baanbou pogings.  Selfs die tafelaars se kinders het help bou aan die baan.

 

20160820_120345

Hier is die tafelaars hard besig met baanbou vir die komende 4×4

20160820_120400

Ockie en Jaco maak planne oor wat waar moet kom.

20160820_145517

Tot die tafelaars se kinders het gehelp.

 

Op Saterdag 27 Augustus het die groot dag aangebreek.  Prieska Tafelaars was al van vroeg af besig om die laaste goedjies om die baan reg te kry.  Daar is vuur aangesteek by Prieska Golfclub om wors en sosaties te braai vir die deelnemers.  Die voertuie het stadig maar seker opgedaag en daar was ‘n totaal van 27 voertuie ingeskryf vir die dag.  Deelnemers het van ver gekom om die dag saam met Prieska en sy mense te geniet. Egbert en Ferdinand het soos oudergewoonte hulle pos as beoordelaars ingeneem en het die deelnemers na die bos vergesel waar die hindernisse wag.  Altesaam 5 hindernisse was op die baan wat 1 “time trial” insluit.   Die kompetisie was straf en al die deelnemers se punte was tot op die einde van die dag baie naby aan mekaar.

20160827_113915

20160827_113910

Toeskouers en deelnemers

14117818_10206675624560892_4822743285266189935_n

‘n Deelnemer maak reg om weg te spring.

 

 

 

13:00 is daar gebreek vir middag ete waar die Tafelaars en hulle vrouens sosaties en hamburgers gemaak het vir die deelnemers en toeskouers, daar was natuurlik ook ‘n kontant kroeg op wiele wat die dors kele so bietjie kon les.  Prieska 161 se vrouens is ysters en sonder hulle sou hierdie dag ook glad nie moontlik kon wees nie.  Baie dankie dames,  julle word opreg waardeer.

103dc55d-ab64-411f-9561-dd0437e9ddf3

Die dames van Prieska 161 by die kos tent

 

Na afloop van middag ete is daar aanbeweeg na die laaste 2 hindernisse waarvan die laaste Ferdi se beroemde langduin is.  Die langduin is elke jaar die hoogte punt van die dag en die maane spook behoorlik om bo op uit tekom.  Daar is egter wel ook ‘n paar voertuie wat sommer gemaklik tot bo gekom het die ander manne het ‘n paar keer probeer en moes maar later die “chicken run” langsaan doen.  Om 17:30 was die deelnemers klaar en terwyl Egbert die punte bewerk het was daar nog een of twee persone wat die duin probeer troef het.  Daarna het almal na die golfclub beweeg vir ‘n lekker braai en prysuitdeling. Soos al die ander jare het ons weer baie borge gekry ,  Prieska 161 wil net BAIE dankie se aan elke borg van die dag, sonder borge is so groot dag glad nie moontlik nie.  Egbert het die prysuitdeling hanteer en Christine Krapohl, voorsitters vrou het die pryse oorhandig.  In die 3de plek was gewees Cilliers met sy cruiser van Douglas, 2de plek was gewees Johan Visser van Douglas en in die 1ste plek was Johan “Bles” van Staden van Prieska met sy Jeep.  Baie geluk aan die wenners.  Prieska 161 wil net almal bedank wat betrokke was by die dag, borge, deelnemers, ondersteuners en dan ook elke tafelaar en hulle vrouens wat hard gewerk het om die dag ‘n groot sukses te maak.  Volgende jaar maak ons weer so.

20160827_192304

Bles was algeel 1ste vir die dag

20160827_192428

Johan Visser van Douglas was 2de

20160827_192539

Cilliers van Douglas in die 3de plek.