26 Augustus 2017 –

Dit was weer tyd vir die jaarlikse 4×4 dag wat aangebied word deur Round Table Prieska 161.  26 Augustus 2017 was die datum vir hierdie groot dag.  Die manne van Prieska Roundtable se beplanning vir die dag begin egter lank voor dit.  Maande se beplanning gaan in so dag, die baan se beplanning vat egter tyd,  hierdie jaar het ons hulp ingeroep van Douglas se 4×4 klub om idees te gee en om te help met die uiteensetting van al die hindernisse.  Dit was ‘n reuse sukses en die baan het hierdie jaar anders gelyk as al die ander jare.  Op 26 Augustus het daar deelnemers van ver gekom om deel te wees van die dag.  Inskrywings het om 08:00 begin by Prieska Golfklub.  Daar was ‘n total van 25 voertuie ingeskryf waaronder ‘n hele paar vroue drywers ook.  Die kompetisie het omstreeks 09:30 begin in die bos, sommer van die 1ste hindernis was die kompetisie baie sterk en Egbert an Rensburg het sy hande vol gehad met die punte toekenning.  Daar was ‘n total van 6 hindernisse,  na die eerste 3 voltooi was het almal gebreek vir middagete.  Die mans en vroue van Prieska Roundtable het heerlike hamburgers en sosaties voorberei vir die deelnemers en toeskouers.  Daarna het almal vertrek na die laaste 3 hindernisse waaronder Ferdie se beroemde lang duin.  Ferdi belowe elke jaar aan al die deelnemers niemand sal die duin baas raak nie en elke jaat word Ferdi verkeerd bewys.  Hierdie jaar was dit egter moeiliker maar daar is wel 1 of 2 voertuie wat die duin baas geraak het.  Na afloop van die kompetisie is almla terug na Prieska Golfklub waar die prysuitdeling en ete gehou is.  Die wenners het weg gestap met groot pryse danksy al ons borge vir die dag,  julle is egter te veel om almal by die naam te noem,  baie dankie aan elke borg.  Sonder julle is so dag nie moontlik nie.  Die wenners vir die dag was as volg, in die 3de plek was Johan van Rhyn (Douglas) in die 2de plek was Cilliers Fourie(Douglas) en in die 1ste plek was Nico Nel met sy Jeep ook van Douglas.  Baie geluk aan al die wenners en ook al die deelnemers.  Na die afloop van die dag het Prieska Round Table 161 besluit om R50 000 te skenk aan Hayleigh Stals van Douglas,  Hayleigh is twee weke voor haar 8ste verjaarsdag met Fanconi Anemia (FA) gediagnoseer.  FA kan lei tot verskeie soorte kankers wat onder andere in die kop, nek en organe kan voorkom en veroorsaak dat die beenmurg nie meer korrek funksioneer om genoegsame bloed te produseer nie. Dit veroorsaak dat die tellings van al die 3 tipes bloed selle( Rooi, wit en plaatjies) afneem.  ‘n Suksesvolle beenmurg oorplanting stel haar liggaam in staat om weer normal bloed te vervaardig maar sy sal gereelde toetse benodig om enige kankers vroegtydig te ontdek en te behandelvoor haar 8ste verjaarsdag.  Baie sterkte Hayleigh, ons hoop jy word gou gesond.

DCIM100MEDIADJI_0024.JPG