Op 13 Augustus 2022 het Prieska Round Table vir die eerste keer sedert ons bestaan ‘n golfdag aangebied. Die dag was aangebied by Prieska Golfklub en was ‘n reuse sukses. Altesaam 36 golfers het deelgeneem en die format vir die dag was “full scramble” tot in die gat. Die idee was om ‘n baie sosiale dag te hou wat nie gaan oor wen of verloor nie maar om net saam te kuier. Die dorp se mense en besighede se hande was weer oop en ons het R15 000 se pryse gehad om weg te gee vir die deelnemers. Daar was ook ‘n “chip” kompetisie waar deelnemers ‘n golfbal in ‘n emmer moes “chip” oor 20m. Die wenners vir die dag was Bertus Pretorius en sy spanmaat Gian Koeglenberg. Xander van Heerden was die wenner van die “chip” kompetisie en Drikus Gous het die “Longest Drive” gewen. Na afloop van die golf was daar ‘n lekker steak ete by Prieska Golfklub en die manne het gekuier tot laat. Round Table Prieska wil net die borge vir die dag bedank, sonder julle is niks moontlik nie. Baie dankie ook aan die gemeenskap van Prieska wat ons altyd so goed ondersteun. Alle fondse wat Round Table Prieska insamel wend ons weer aan vir behoefdige persone in ons gemeenskap.