Op Vrydag 13 Oktober 2017 het Prieska Roundtable 161 gesamenlik met Prieska rolbalklub ‘n rolbal toernooi gehou ten bate van die “Child witness foundation.” Die Child Witness Foundation is in 2015 gestig om die werk van The Child Witness Institute te ondersteun. Ons verhoog bewustheid van die onregte wat kinders in die regstelsel ondervind, en van die werk wat die instituut gedoen het om dit reg te stel. Ons insamel fondse om die instituut in staat te stel om hul pogings te skaal. Hierdie is basies wat die Child Witness Foundation doen vir kinders wat mishandel word. Vanaf 2017 is Round Table Suid-Afrika (ARTSA) betrokke by hierdie projek om fondse intesamel vir hierdie mense wat ‘n ongelooflike werk doen vir ons land se kinders. Round Table Prieska 161 het besluit op ‘n rolbal dag omdat daar ‘n groot groep mense van jonk tot oud betrokke is by Prieska Rolbalklub. Die idee vir die dag was om die spanne so regverdig moontlik te maak en elke span het ‘n lid van die rolbalklub en Round Table gehad plus nog twee addisionele spanlede uit die publiek. Altesaam 14 spanne het aan die kompetisie deelgeneem. Elke span het 3 wedstryde gespeel van 6 koppe elk. Die wenners van elke wedstryd het dan aangeskyf om aan die finaal deel te neem. So dag is nooit moontlik sonder borge nie en ons wil net die volgende borge bedank vir hul bydrae, GWK Meganisasie, Cloete Coetzee, Gird Rossouw, Riverview Lodge, Tops Prieska, Prieska Meubels, Prieska Slaghuis, Prieska Rolbalklub en Round Table Prieska. Sonder die borge was die dag nie so reuse sukses nie. Die wenners van die dag was Louis van Wyk, Frans Lotz, Sonette Human en Hechter Sandenbergh. Prieska Roundtable het na die afloop van die dag R30 000 wins gemaak wat hulle alles skenk aan die “Child Witness Foundation.” Baie dankie aan elkeen wat daar was vir die ondersteuning.