Dis 10:00 Vrydag oggend 6 Mei 2016. Vier van Prieska 161 se manne is reg vir die langpad na Robertson. Tjop, Attie , Egbert en Hechter is opad na Agulhas se wynveiling Saterdagaand by die Arniston Hotel in Waenhuiskrans maar ons ry eers Robertson om om bietjie vir die tafelaars daar te gaan kuier. Ons het spoedig gevorder top op 3 Susters waar ons iets vir die maag gekoop het en Tjop het die stokke aan Attie aka Michael Shumacher gegee. Attie was sommer heel naweek ons “designated driver”.
Ons volgende stop was by die bekende “Ronnies Sex Shop” op Route 62. Daar het ons vinnig ‘n paar Prieska 161 stickers geplak en ons vlaggie gehang en natuurlik ‘n koue een vir die pad gevat. Die son het begin sak en ons het nog ‘n entjie gehad om te ry so Attie het nie tyd gemors nie en die CC het mooi geloop. Ons het 19:30 in Robertson geariveer waar ons die tafelaars ontmoet het en hulle het ons onthaal by 1 van hulle se huis. Daar was lekker gebraai en gekuier en ons het nuwe vriende ontmoet! Ons kon darm nie vertrek uit Robertson sonder om die dorp en sy nag lewe te gaan ontdek nie. Ons is bietjie strate toe en was net voor son opkom by die gastehuis.
Saterdag more het ons ‘n breakfast gaan eet by Wimpy en gou ‘n vinnige draai by verskillende apteke gaan maak vir Egbert so reg maak dop. Ons het in die pad geval opad na Waenhuiskrans/Arniston. Net buite Robertson het ons eers stil gehou sodat egbert sy familie resep kon aanmaak en vir ons voer. Dit manne se batterye was maar pap en dit was stil op die pad maar soos die tyd verby gaan het die klank weer aangekom.
Ons het 1uur by Arniston aangekom waarna ons ingeboek het by die hotel. Ons het ‘n paar uur oorgehad voor die veiling en dit toe maar in die kamers deurgebring waar ons bietjie karate water gevat het. Ons het ook die hotel se bar baie geniet, daarna was ons spa toe maar vir 1 of ander rede het hulle ons laat verstaan dat hulle “vol” is. Die manne het hulle mooi moois gaan antrek en ons is opad veiling toe. Gas spreker Barry Hilton het die mense laat lag en die aand was ‘n groot sukses. Prieska 161 het ook R10 000 geskenk vir die projek wat gaan om gestremde kinders te help. Sondag more het ons vertek en was opad huistoe. Dit was weereens ‘n naweek vir die boeke.