Roundtable Prieska 161 maak weereens ‘n verskil.
Op Saterdag 16 Mei 2015 het Prieska Roundtable hulle jaarlikse Winter Knights projek aangebied. Die doel van die projek is om soveel as moontlik klere, skoene, komberse en nie-bederfbare voedsel in te samel wat dan weer tussen mense vir wie die winter andersins té koud sou wees!
Priese se Roundtable klub probeer om inoverend te wees met die insamelings projek en dus het on dit die jaar goed gedink om dit saam met ‘n tema aand aan te bied. Ons het vure aangesteek, en ‘n boemelaars tema aand by die Michigan gebou aangebied waartydens mense hulle items kon bring en dan sommer die aand geniet.
Wat die jaar baie spesiaal gemaak het is dat Hoërskool Prieska en die GWK Oewerfees elk ‘n groot bydrae gemaak het waaroor ons baie dankbaar is. Hoërskool Prieska se leerlingraad het klere, skoene en nie-bederfbare voedsel geskenk en die GWK Oewerfees het ‘n bedrag van R1000-00 geskenk. Prieska Roundtable het groot waardering vir die samewerking, saam kan ons meer vermag, eerder as om elkeen ons eie rigting in te slaan!
Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het om hierdie projek ‘n reuse sukses te maak. Weet dat u ‘n reuse verskil maak die winter, dat iemand wat dit regtig nodig het die winter met ‘n vol maag en warm kan gaan slaap.