Die Bucket List ARTSA, het sy naam vol gestaan.
Toe die nuus in Upington breek dat ARTSA by Mykonos gehou word was die verwagtinge groot, en die opgewondenheid groter.
Soos toepaslik, huur ons vir ons n prag huis in Langebaan, en op Donderdagoggend vertrek ons tafel met 4 lede vanuit Upington na Langebaan, ons vyfde lid was reeds daar.
Donderdag se registrasies enĀ verwelkomings het seepglad verloop, en ons was met ope arms ontvang. Donderdagaand se Pirate Party het die hardcore Hut se nate bietjie gerek, en ek dink die kroegpersoneel het redelik geskrik vir n voorsmakie vir wat die res van die Naweek gaan inhou.
Vrydagoggend se Forums was goed bygewoon, en die lokale en presentations was bo verwagting, vinnig afgehandel, profesioneel gedoen. Dit was great om vir ons nuwe tafelaars blootstelling te gee van hoe n tafel werk.
Vrydag se Kostafels was uitstekend, al het die Noord Kaap weer nie met die louere weggestap nie, was dit n great aand vir truie uitruil en nuwe vriende maak.
Saterdag se AGM het seepglad verloop, en ons was baie trots op die NoordKaap se eie Paul Dippenaar wat verkies was as IRO, Well done Paulus. Die AGM was goed behartig en het op tyd klaar gemaak, wat die manne genoeg tyd gegee het om hulle hemde te stryk en skoene te polish vir die Presidential Banquet van Saterdagaand.
N spoggeleentheid soos min, die reelings was baie goed, die kos was uitstekend en die aand was n moerse sukses.
Ons is uiteindelik Sondag veilig in Upington na n onvergeetlike ARTSA, Baie dankie WP Span, en baie geluk!
Hardcore Hut- 8.5/10
Mykonos- 10/10
Kosstalletjies-8/10
Langebaan Locals- 10/10
WP AREA- 10/10
Driving back to Upington on Sunday-3/10
Memorable Moments- 13/10
ARTSA 2019- 11.5/10