Op 20 Februarie het Upington 79 hul jaarlikse Algemene vergadering gehad, gevold deur die inhuldiging van Willie Gresse as Voorsitter .

 

Dit was ‘n geleentheid wat baie goed verloop het en Upington 79 het die bywoning van 41ers en tafelaars van ander gebiede baie waardeer. n Spesiale dank gaan uit aan Jan en Tjop wat in hul gesag as uitreende en nuwe area-voorsitters, ook die aand meegemaak het, asook hul gades wat saam met hul die reis na Upington onderneem het, ons hoop om jul gou weer hier te kan onthaal.

Chris Voges is ook ingehuldig as nuwe lid van Upington 79.

 

Die bestuur van Upington 79 vir 2016 is aangekondig en lyk soos volg.

Voorsitter- Willie Gresse

Vice- Philip Nagel

Tesourier- Roelof Nel

Sekretaris- Louis Van Der Walt

PRO-Conrad Gresse