Upington Tafelronde het weereens `n baie suksesvolle jag gehad op die plaas Gemsbokkie in die Askham distrik.
Na `n rowwe Donderdag aand, van kamp opslaan en versnaperinge in die Kalahari geniet sou mens dalk ietwat bekommerd wees oor Vrydag se jag wat voorlê. Die bekommernis was gelukkig heeltemal onnodig en sou daar `n lid van die Suid Afrikaanse Olimpiese komitee saam gejag het, sou ons definitief `n hele paar Upington manne spele toe moes stuur.
Vrydag aand is daar lekker gesellig gekuier, en Saterdag het ons `n paar draaie gery, rugby gekyk en ons naweek af gaan sluit by die Molopo Lodge. Na `n lekker stort is die plaaslike ekonomie `n hupstoot gegee in die kroeg, en het ons die laaste braai van `n baie lekker naweek gehad. Een brawe man het ook `n sit in die verkeerde stoel gehad en sy hare verloor! Die manne wat gelukkig genoeg is om die Upington Area by te woon kan gerus kom proe aan ons biltong en droëwors. Soos gewoonlik was dit `n onvergeetlike naweek, en het dit net weer bevestig hoekom almal altyd uitsien na Upington Tafelronde 79 se jaarlikse jag. Ons maak volgende jaar weer so!