Winter Knights – 18 Julie 2014
Jip, dit is weer winter en dit beteken net een ding op Augrabies 273 se kalender – Winter Knights!!!!
Ons het hierdie jaar net in Kakamas gestaan (aangesien dit alreeds skoolvakansie was en baie mense weg was met vakansie). Daar was oudergewoonte lekker warm vure waarom almal kon saamkuier en ons het lekker warm, soet pannekoek, hotdogs, sosaties en wors verkoop. Deur die loop van die aand het verskeie mense uit die gemeenskap saam met ons kom kuier om die vure en hulle skenkings vir ons gegee.
Elke jaar kry ons vreeslik baie klere skenkings van mense in die gemeenskap. Ongelukkig is baie van die klere wat ons ontvang somersklere – wat die uitdeel van “warm” klere deur die Winter Knights bietjie moeilik maak aangesien ons nie baie winters klere kry nie. Daarom het ons dit goed gedink om hierdie jaar die fondse wat ons in met ons verkope tydens Winter Knights te gebruik om ‘n baal winter baadjies vir kinders aan te koop – ‘n hele 45 kg baal gelaai met die aller heerlikste dik, warm, waterdigte, winter kinder baadjies.
Ons het dit, tesame met al die ander klere wat ons ontvang het uitgedeel aan behoeftiges in Kakamas, Augrabies en Noudonsies. Baie dankie vir Adelè du Plessis wat weer vir ons voorgevat het met die uitsorteer en uitdeel van die klere.
Baie dankie ook aan ieder en elk wat so getrou ons projekte ondersteun (veral Winter Knights) – dit maak ‘n mens se hart sommer lekker warm as jy vir ‘n kind, wat met ‘n kortmou hempie en kortmou broekie in die koue buite op straat staan, ‘n lekker warm stel klere kan gee om hom te help beskerm teen die ekstra koue nagte van 2014.
Y i T
- De Wet maak net gou vir oulaas seker ALMAL onthou van die Winter Knights in Kakamas. Hy is goed gegear met ‘n bakkie vrag vol hout wat natuurlik later plek gemaak het vir al die sakke klere en ander skenkings.
- De Wet en AD met van die sakke klere wat ons ontvang het tydens ons jaarlikse Winter Knights.
- Johan van Zyl agter sy pannekoekstasie. Blom sit ‘n handjie by met die suiker strooi.
- Adelè het sommer daar en dan al begin klere uitdeel aan al die straatkinders wat in die rondte was.
- Piet, Johan en Lohan staan by ‘n klomp erg gelukkige straatkinders wat elk ‘n heerlike bord vol vleis, wors en pannekoek gekry het om te eet en natuurlik iets warm om aan te trek.
- Johan en Wilna loop oop met die pannekoekbakkery.
- Shaun, AD, Lanie en De Wet by nog ‘n gelukkige man wat iets warm om te dra en iets heerlik om te eet gekry het.
- Niel en Shaun sorg dat die vure lekker hoog brand om genoeg kole te kry vir al die lekker sosaties en wors wat gebraai moet word.
- Daar was letterlik stapels en stapels klere!!! Nie plek vir ‘n muis meer nie!!
- Ons het al die klere na Adelè se garage gevat waar sy en Babrie dit uitsorteer en weer in sakke gesit het – reg om uitgedeel te word.
- Hierdie is maar net van die kinders van Noudonsies wat elkeen ‘n stel klere, ‘n pet en ‘n warm baadjie gekry het.
- Hierdie kinders is wees gelaat en word nou deur hul tante versorg. Die oueres werk al, maar die kleintjies het geen bron van inkomste nie. Hulle het elkeen ‘n klomp klere, skoene en warm baadjies gekry.