20 Mei 2016 was dit weer tyd vir ons jaarlikse Winter Knights wat Prieska 161 aanbied. Die projek is al dalk nooit een van Prieska se grootste nie maar dit is beslis een van die lekkerste. Ons was hierdie jaar bevoorreg om dit vir die 1ste keer in ‘n lang tyd weer in ons klubhuis aan te kan bied en het besluit om net ‘n lekker party te hou en nie weer ‘n tema aan dit te koppel nie. Elke persoon wat egter die aand wou bywoon moes ingang betaal het met ‘n sak klere of nie bederfbare kos wat ons kan skenk.
Die mense van Prieska was weer soos al die ander jare baie goed gelowig en die klere het ingestroom. Alhoewel daar minder mense was as wat ons voor gehoop het was die aand ‘n reuse sukses. Daar was ook ‘n spesiale “veiling” die aand waar ons ‘n vriend se hare en baard opgeveil het waaroor hy bitter heilig was. Elke persoon kon ‘n paar rand in die emmer gooi en dan ‘n gedeelte afskeer. Ons het R1000 ingesamel net om vir Xander met ‘n kaal kop te sien. Dan soos oudergewoonte moet daar eers modeparade gehou word, dit is al ‘n tradisie by Prieska 161 se Winter Knights. Die manne trek vir hulle klein nommertjies aan en hou dan vir hulle baie sexy. Daar is behoorlik gekuier tot laat.
Prieska 161 het +- R20 000 vir die aand ingesamel as ons al die klere en kos en kontant verkope in berekening bring. Baie dankie aan elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het die aand. Danksy julle maak ons weer ‘n verskil in ‘n hele paar mense se lewens die winter. Prieska 161 het omtrent 3 bakkie vragte klere oorhandig aan die group Care 4 van Prieska wat dit plaaslik gaan versprei aan persone wat dit die meeste benodig die komende winter.