Round Table Northern Cape

Prieska 161 Golfdag

Op 13 Augustus 2022 het Prieska Round Table vir die eerste keer sedert ons bestaan ‘n golfdag aangebied.  Die dag was aangebied by Prieska Golfklub en was ‘n reuse sukses.  Altesaam 36 golfers het deelgeneem en die format vir die dag was “full scramble” tot in die gat.  Die idee was om ‘n baie sosiale dag te hou wat nie gaan oor wen of verloor nie maar om net saam te kuier.  Die dorp se mense en besighede se hande was weer oop en ons het R15 000 se pryse gehad om weg te gee vir die deelnemers.  Daar was ook ‘n “chip” kompetisie waar deelnemers ‘n golfbal in ‘n emmer moes “chip” oor 20m.  Die wenners vir die dag was Bertus Pretorius en sy spanmaat Gian Koeglenberg.  Xander van Heerden was die wenner van die “chip” kompetisie en Drikus Gous het die “Longest Drive” gewen.  Na afloop van die golf was daar ‘n lekker steak ete by Prieska Golfklub en die manne het gekuier tot laat.  Round Table Prieska wil net die borge vir die dag bedank, sonder julle is niks moontlik nie.  Baie dankie ook aan die gemeenskap van Prieska wat ons altyd so goed ondersteun.  Alle fondse wat Round Table Prieska insamel wend ons weer aan vir behoefdige persone in ons gemeenskap.

Prieska 161 Winter Knights 2022

Prieska 161 het weereens die jaar Winter Knights aangebied maar het dit oor ‘n baie langer tydperk gedoen as vorige jarige.  Die Winter Knights het bestaan uit 3 aparte projekte naamlik die jag kompetisie waar persone looitjies moes koop teen R100 en het dan ‘n kans gestaan om ‘n jagnaweek ter waarde van R15 000 te wen op Klippan Gameranch naby Kimberley.  Die 2de projek het ons hotdogs en sosaties verkoop in die dorp om fondse in te samel daar was ook ‘n aflaai punt vir klere, komberse en nie-bederfbare kos.  Daar was +-400 hotdogs en 300 sosaties verkoop op die dag.

Ons het die projek afgesluit met ‘n klubkuier by Prieska 161 se klubhuis Vrydag 1 Julie 2022.  Dit was oop vir die dorp en almal was welkom.  Dit was ook weer ‘n aflaai punt vir kos, klere en komberse.  Daar is weer hotdogs verkoop en iets vir die keel ook.  Ons het ook die trekking van die jag kompetisie “live” op Facebook gedoen.  Daar is meer as 300 kaartjies verkoop en die wenner van die kompetisie was Kobus Etsebeth van Prieska.

Prieska 161 het vooraf besluit dat alle wins van die Winter Knights projek geskenk sal word aan Prieska NG Kerk en Volle Evangelie Kerk Prieska se voedsel/kospakkie projek wat kos voorsien aan behoeftige persone in ons gemeenskap.  Die finale syfers is nog nie bekend nie maar op die oomblik staan die projek op ‘n wins van +-R25 000.  Baie dankie aan elke persoon wat betrokke was en gehelp het om die projek so suksesvol te maak.  Julle maak ‘n groot verskil in baie mense se lewens.

Noord-Kaap AGM te Prieska

Die naweek 18-20 Februarie 2022 het Round Table Prieska 161 weer die geleentheid gehad om die Noord-Kaap Area konferensie aan te bied. Gaste van al 6 klubs in die Noord-Kaap het die geleentheid bygewoon asook ons vriende van Natal Noord-Kus. Dit was ook die inhuldigings dinee van Jaco Burger as die Noord-Kaap Area voorsitter vir die komende jaar sowel as Fourie Krapohl se inhuldiging as Prieska 161 se voorsitter. Baie geluk aan julle twee en ook alle sterkte vir die komende jaar.

Amaizing Race en Jan Rhaap Stoordans

Tafel Ronde Prieska 161 het op 3 Oktober 2020 ‘n Amazing Race tesame met n Stoordans gehou in Prieska.

Met die aanvanklike beplanning het die Covid-19 level 3 regulasies nog gegeld en was daar besluit om n nuwe projek “klein funksie” te reel wat aan die beperking van 50 mense voldoen.  Die reelings het goed verloop en 20 paartjies is genooi om die dag mee te maak en dan om sommer die volhoubaarheid van so n projek te bepaal.  Die aand sou by die plaaslike skiet klub afgesluit het met Jan Rhaap as gaskunstenaar.

Nadat die inperkingsreels gelig is na vlak 1 op 21 September het die manne en vrouens vinnig ons klein funksie laat ontplof.

Die Amazing Race was gehou soos beplan maar die aand funksie word toe geskuif na Schalk Theron (Prieska 161 41’er) se plaas Stofbakkies en word toe n Stoordans.

Ons het op 27 September vir die eerste keer die advertensies laat loop en het vinnig agter gekom dat die mense uitgehonger is vir n kuier en dat ons ons beplanning sal moes aanpas om baie meer mense te kan akkomodeer.

Die Amazing Race het baie goed verloop en het ons 10 inskrywings gehad, na afloop van die projek het dit duidelik geblyk dat dit baie goed ontvang is deur almal daar en dit vir die toekoms n groot projek kan word.

Die Stoordans het ons almal se verwagtinge ver oortref.  Ons het nagenoeg 250 mense by die funksie die aand gehad en het tot laat gekuier.

Prieska 161 AGM & Induction Dinner

Saterdag 8 Februarie 2020 was dit Prieska 161 se algemene jaar vergadering gehou in 161 se klubhuis.  Dit was weereens ‘n baie goeie jaar vir Prieska 161.  Ons het 7 projekte vir die jaar gehad en die ondersteuning van die gemeenskap was baie goed.  Prieska 161 het gedurende die jaar meer as R100 000 geskenk aan behoeftiges regoor die land.  Die nuwe bestuur vir 2020/2021 is ook aangekondig op die vergadering.  Jaco Burger is ingelyf as voorsitter van Prieska 161, onder voorsitter is Hechter Sandenbergh, Adriaan Wessels is die nuwe sekretaris want na 10jaar is Egbert van Rensburg nou moeg vir dit.  Attie Naude is in beheer van finansies, Wimpie Grobler sal die IRO/PRO dienste oorvat en Kerneels Greyling is in beheer van ons klubhuis en Fourie “Dan” Kraphol  is die social convenor.  Ons sien uit vir die jaar wat voorle saam met hierdie groep.

Saterdagaand was die “Induction Dinner” gehou in GWK se raadsaal.  Almal was mooi toegedraai veral die dames van Prieska 161.  Die aand se verrigtinge het begin en Attie Naude was die seremonie meester.  Na afloop van die toesprake was dit tyd om Prieska se nuwe voorsitter formeel intehuldig en Jaco van Zyl het die gong oorhandig aan Jaco Burger.  Jaco het sy bestuur aangekondig en ook sy planne vir die jaar wat voorlê.  Baie sterkte Jaco en Yolandie, die hele span van Prieska 161 staan agter jou.  Die volgende punt was nogal ‘n hartseer storie, Prieska 161 staan hierdie jaar 2 lede af aan die ouetehuis, Tjop de Vries en Jaco van Zyl het hulle verval datum bereik en is nou volwaardige 41’ers.  Tjop en Jaco, dankie vir alles wat julle vir Tafel beteken het oor die jare.  Prieska 161 gaan julle mis.  Ons moes ook vir Christo de Witt en sy gesin groet, Christo het ‘n werk aanvaar in Limpopo en hulle verhuis einde Februarie.  Christo die tyd wat jy by Prieska 161 was het jy berge versit, nie net was jy ‘n uistekende tafelaar nie maar nog ‘n beter vriend vir ons almal.  Alle sterkte vir julle.  Die aand se verrigtinge was verby en daar was gekuier tot laat.

Prieska 161 Rolbal

Vrydag 11 Oktober 2019 het Prieska 161 weer ons jaarlikse rolbal “toernooi”  aangebied.  Spanne word genooi vir die aand in besigheids verband.  Dit gaan glad nie oor wen en verloor nie en ook nie eintlik oor hoeveel Prieska 161 kan maak op die aand nie,  die doel is om die dorp se besighede bymekaar te kan bring en net lekker ta kan kuier en spanbou doen.

Altesaam 14 spanne was ingeskryf en elke span het 3 wedstryde van 5 koppe gespeel met ‘n kort breek tussen elke wedstryd.  Die aand het vlot verloop en Prieska Rolbal klub het die deelnemers lekker bederf met verversings by die kroeg.  Prieska 161 het ook gesorg vir iets om te eet.  Na die laaste bal gerol was kon die beoordelaars begin met hulle taak om die wenners te bepaal.  Die kompetisie was straf en van die spanne het baie goeie rolbal gespeel.  Soos reeds vroeër genoem was het dit glad nie gegaan oor wen of verloor nie maar daar was baie pryse op die spel en alles was geborg deur Prieska 161,  die gevoel was net om iets terug te gee vir almal wat ons ondersteun.

 

Die wenners vir die aand was Mahoebê Eiendomme, hulle span se lede was Henry Coetzee, Chrisna Coetzee, Irene Coetzee en Anell van Staden.  Die wenspan kon 1ste ‘n prys kies en hulle het weg gestap met pryse ter waarde van R1000.  Na die prysuitdeling was daar ‘n klein veiling ook gehou en Prieska 161 kon darm iets bank na die aand.  Na afloop van die formaliteite is daar lekker steak gebraai en tot laat gekuier.  Round Table Prieska 161 wil net elke persoon wat deel was van hierdie aand bedank, sonder julle sal ons dit nie reg kry om ander te help nie.  Volgende jaar maak ons beslis weer so.

 

Round Table Prieska 4×4

Saterdag 31 Augustus 2019 – Dit woel al van vroegoggend by Prieska 161 se klubhuis.  Die vure brand en die reuk van sosaties hang in die lug.  Dit is weer tyd vir ons jaarlikse 4×4 dag en die dag begin by ons klubhuis waar die inskrywings plaasvind en die manne en vroue ook sommer iets vir die maag kan geniet.  Daar was 19 voertuie ingeskryf vir die dag waarvan ‘n groot getal van Douglas gekom het.

Omstreeks 09:00 het die voertuie begin afbeweeg na die bos waar daar 4 hindernisse en ‘n “time trial” gewag het vir die deelnemers.  Dit is al die 11de jaar wat Prieska 161 hierdie dag aanbied so alles verloop seep glad en middag ete het sommer vinnig aangebreek.  Die toeskouers en deelnemers was bederf met die lekkerste sosaties, wors en hamburgers wat voorberei was deur die tafelaars en hul vrouens.  Die “bar on wheels” het ook gesorg dat die kele nie te droog raak nie.

Na middag ete het almal vertrek na die 2de laatse hindernis en op hierdie stadium het die manne wat die punte gegee het maar ‘n moeilike taak op hande gehad aangesien die meeste van die voertuie nog geen foute gemaak het nie so almal was redelik kop aan kop wat punte betref.  Alhoewel die koel temperatuur die oggend die baan bietjie vergemaklik het was die gees onder die deelnemers goed en ons kon nie vir ‘n beter dag gevra het nie.  Die laaste hindernis van die dag was die beroemde langduin en dis gewoonlike hier waar die beoordelaars die kaf van die koring skei.  Alhoewel daar ‘n paar voertuie gesukkel het was daar ook ‘n hele paar wat die duin baas geraak het.  Die kompetisie gedeelte van die dag was verby en almal is na Prieska Golfklub vir die prysuitdeling.

Alhoewel hierdie dag glad nie gaan oor wen en verloor nie is dit altyd lekker om die deelnemers te kan beloon met ‘n prys.  Sonder ons borge sou ons egter nooit so dag suksesvol kan aanbied nie daarom wil Roundtable Prieska 161 vir elke borg wat iets bydgra het vir hierdie dag BAIE DANKIE sê, sonder julle sou dit glad nie moontlik gewees het nie.  Daar was sommer lekker pryse vir die deelnemers.  Die algehele wenner vir die dag was Cilliers Fourie van Douglas, baie geluk.  Daar was weer ‘n heerlike steakete en almal het lekker gekuier en die dag saam afgesluit.

Roundtable Prieska 161 wil net vir elke deelnemer en toeskouer bedank vir die ondersteuning.  Sonder julle sal ons dit ook nie kan doen nie.  Fondse wat ons insamel op hierdie tipe dae word geskenk aan liefdadigheid.  So elkeen van julle maak ‘n groot verskil in iemand se lewe en dit word opreg waardeer.  Volgende jaar maak ons weer so.

Golfdag vir Anabelle

Saterdag 22 Junie 2019 was daar ‘n golfdag gereël ten bate van Anabelle van Rensburg (5) wat onlangs gediagnoseer is met tipe 1 diabetes.  Die kostes vir so iets beloop duisende rande en die gemeenskap van Prieska en die omliggende dorp het ingespring om fondse in te samel vir die gesin.  Die golfdag was ‘n grootsukses en amper al die lede van Prieska 161 het gespeel, alle inskrywings vir die dag is geskenk vir Anabelle.  Daar het ook baie geld gekom van alle Tafels in die Noord-Kaap.  Die dag was ‘n reuse sukses en daar is ‘n enorme bedrag ingesamel deur die gemeenskap asook die betrokke Tafels van die Noord-Kaap.  Baie dankie aan elke persoon wat deel was van die dag en ook die projek om dit vir Anabelle makliker te maak.  Hierdie was nie ‘n Tafel projek nie maar Tafelronde het weereens ‘n groot verskil gemaak in iemand se lewe.

Prieska 161 Winter Knights

Vrydag 24 Mei 2019 was weer tyd vir Prieska Round Table se jaarlikse Winter Knights projek.  Soos almal kan voel is die winter hier en ons nie besef is dat daar baie mense is wat nie warm klere het of ‘n kombers om hulle teen die koue te beskerm nie.  Prieska 161 het hierdie jaar ‘n klub kuier gehou waar almal welkom was, jou toegang’s geld was egter iets in die vorm van klere, komberse of nie-bederfbare kos produkte of self ‘n kontant donasie.  Ons het lekker vure aangesteek en sommer net gekuier en bietjie “gesocial”.  Almal wat deel was van die aand het baie bygedra tot die sukses van hierdie projek.  Ons het minder kos ingesamel as ander jare maar meer klere en komberse.  Ons betrek ook elke jaar die leerders van Hoërskool Prieska om betrokke te raak by die projek, hulle loots dan ‘n halwe kompetisie onder die klasse om te kyk wie kan die meeste items in te samel, die wenner hierdie jaar was die Gr.6 klas.  Prieska Tafelronde 161 gee dan so klein geskenkie aan die wen klas.

Ons het hierdie jaar weer alle kos wat ingesamel was geskenk aan die NG Kerk se voedsel projek wat dit dan versprei onder die mense in Prieska se gemeenskap wat dit die nodigste het.  Ons is nog tans besig om die klere te sorteer en dit sal dan ook geskenk word aan persone of instansie wat dit die nodigste het.  Prieska Round Table wil elke persoon bedank wat ‘n bydrae gemaak het tot hierdie projek.  Dit maak ‘n reuse verskil in iemand se lewe hierdie winter.

29ste FFFF’s toer na Richardsbaai

Donderdag 14 Maart 2019 was dit weer tyd vir die manne van die Noord Kaap om te rys na Richardsbaai waar die FFFF’s toer tussen Round Table Noord Kaap en Round Table Natal Noordkus vir die 29ste agtereenvolgende jaar sou plaasvind.   Vier van die Noord Kaap se ses tafels is op dié toer verteenwoordig nl, Prieska, Douglas, Hartswater en Vryburg. 14 Noord Kaap Tafelaars in totaal het die toer meegemaak.

 

Vyf van Prieska se manne het Donderdag oggend om 06:00 vertrek na Kimberley waar ons die bus sou kry en ook waar Hartswater en Douglas by ons sou aansluit.  Attie Naude was die organiseerder van die naweek dus het alles vlot verloop en ons program was op tyd.  Vanaf Bloemfontein was daar maar gereelde stoppe langs die pad, Attie wat agter die stuur was het egter verlore tyd goed opgemaak op die pad.  Soos julle kan sien op die foto hieronder.

Attie die spoedvraat

 

 

Midagete was beplan op Harrismith waar ons saam Harrismith se tafelaars sou eet.  Die tyd was bietjie sleg aangesien dit binne werkstyd was en kon slegs 1 tafelaar, Andre Beket by ons aansluit.  Van Harrismith was ons opad na Pietermaritzburg waar hulle die manne vir ons gewag het met steak rolls en ‘n paar ander verversing. Hierdie stop was een van vele hoogtepunte die naweek.  As gevolg van die lekker kuier by PMB 12 het ons program vir die 1ste keer bietjie agter geraak. Ons is baie later daar weg as wat beplan was maar ons het nog ‘n beplande stop by Durban 2 ook gehad.  Soos op enige tafel trip het ons weer baie goeie vriende gemaak wat vir altyd sal bly.  Omstreeks 20:00 het ons die pad gevat na Durban waar ons na Durban 2 se klubhuis is, die bus het teen die tyd al baie vroliker geklink as ‘n paar uur gelede.  Kerneels Greyling, 1 van Prieska se pipeliners was nou agter die stuur en tussen die musiek en al die “navigators” in die bus het dit maar rof gegaan maar ons kon daarin slaag om Durban 2 se klubhuis te kry.  Weer het ons lekker gekuier en iets gehad om te eet.  Gedurende die tyd by Durban 2 se klubhuis het nog vier van Prieska se manne geland op King Shaka lughawe wat later by ons sou aanlsuit by ons verblyf.  Omstreeks 23:00 die aand was almal ingesettle en wou ons bietjie Durban se strate gaan verken.  Was dit nou ‘n aand om te onthou.

 

 

Vrydagoggend was dit maar moeilik om almal uit die bed te kry en so stuk stuk het ons begin klaar maak.  Die “back packers” waar ons oornag het sal nooit weer dieselfde wees nie.  Dis ook waar Gareth Mullin se gesogde woorde “I don’t feel so good” ontstaan het nadat die skoonmakers gevra het “Why you people so sick”.  Van daar is ons na uShaka Marine world waar ons bietjie die water slides gaan beproef het.  Hier het Wilton Viljoen en Hennie Stols van Vryburg ook by ons aangesluit en was ons volledig met 14 man sterk.  Ons het vertrek en die volgende stop was Ballito waar ons middag ete afgesluk het met ‘n paar jugs R&R by Mo-zab-bik.  Hilton Megaw en sy gesin het by ons aangesluit aangesien hulle daar was met vakansie.  Die manne was maar taamlik moeg Vrydag en almal was maar stil die laaste 120km na Richardsbaai.  Na alles afgepak is by ons gastehuis is ons na Richardsbaai 200 se klubhuis waar ons baie lekker onthaal is en weereens ‘n hond uit ‘n bos gekuier het saam met ons vriende van Natal Noordkus.

 

 

Saterdag was dit tyd vir die NNC AGM wat geopen is deur ons Noord Kaap Area voorsitter, Attie Naude. Na die sersant ‘n paar strawwe doppe uitgedeel het het die FFFF’s manne verdaag waarna die NNC manne ons op die strand gaan bederf het met ‘n kreef en visbraai wat hulle self gevang het.  Dit was iets om te beleef, dit voel amper of jy op ‘n eiland iewers sit.  Die manne van die Noord Kaap ken mos nie eintlik die see nie en meeste van ons het gaan toets of die water regtig so warm is soos hulle sê en nee dit is nie waar nie.  Voor ons ons oë kon uitvee was ‘n dag verby en ons moes terugkeer as ons nog die dinee sou bywoon.  Die pad terug het ‘n groepie van ons bietjie bundu bashing in Kevin Boonzaaier se FJ Cruiser gedoen.  Ek was lanklaas so bly om weer ‘n teerpad te sien na die paar kilometer deur die bos.  Die dinee het om 19:00 begin en dit was 1 vir die boeke.  Na die dinee het paar van die FFFF’s manne gaan slaap en die nader was ned betyds by die huis vir die bus se vertrek opad terug na die Noord-Kaap.  Daar is ‘n gesegde in RoundTable dat maak nie saak hoe en waarheen jy travel nie, “You never travel bad in Round Table” en dit is ‘n feit soos ‘n koei.  2020 is ek die 1ste wat my naam op die FFFF’s lys sit.

 

53ste ALGEMENE JAARVERGADERING van TAFEL RONDTE NOORD-KAAP te PRIESKA

Die naweek van 22 Februarie 2019 was dit weer tyd vir Tafel Rondte Noord-Kaap se algemene jaarvergadering wat hierdie keer gehou is in Prieska.  Tafelaars van reg oor die Noord-Kaap en ook ‘n paar gaste van Noord Natal sowel as ‘n gas van Pretoria, het die naweek bygewoon en altesaam 58 gaste was teenwoordig.  Die naweek se verrigtinge het afgeskop, Vrydagaand by Prieska 161 se klubhuis met ‘n heerlike steak-ete en sommer net ‘n lekker geselligheid waar ou vriende weer kon opvang.  Paar van die manne het sommer gekuier en gewag vir die son om op te kom, hulle moes darem vir die manne van Natal wys hoe lyk ‘n sonsopkoms in die Noord-Kaap.

Saterdag se verrigtinge het ook weer vroeg begin met ‘n Voorsitters Vergadering om 08:00.  Daarna het almal aangesit vir ‘n heerlike ontbyt en om 09:15 kon die Algemene Jaarvergadering begin.  Die dames was op ‘n “Ladies tour” na John van der Westhuizen se Coke museum en daarna na sy rivierhuis waar hulle verder die dag kon geniet.  Die manne het ook hierdie jaar ‘n toer gehad en was dit nou nie lekker nie.  Hulle is  na Egbert se kampplek teen die Oranjerivier waar hul kleiduiwe geskiet en die meeste van die dag in die Jacuzzi deurgebring het.  Attie het soos altyd weer gesorg dat daar lekker vleis vir die manne is.  Die 4F’s manne van Noord Natal het gesê dit was by verre die beste 4F’s toer nog, oor 3 weke gaan 12 manne van Tafel Rondte Noord-Kaap op die 4F’s toer na Richardsbaai via Durban waar die Noord Kapenaars weer bederf sal word deur hul Natalse vriende.  Daar word baie uitgesien na hierdie trippie.

Saterdagaand was dit die inhuldigings dinee van die nuwe voorsitter vir die Noord-Kaap Area sowel as die nuwe voorsitter van Prieska 161.  Die dinee is altyd die hoogtepunt van die naweek en dit is omtrent iets om te aanskou, dit is ‘n “black tie event” en gaste doen baie moeite.  Die mans en dames het baie mooi gelyk, veral die dames.  Tjop de Vries was seremoniemeester en hy het gesorg dat die verrigtinge glad verloop.  Na die prysuitdeling was dit tyd om die nuwe voorsitters in te huldig.  Attie Naude van Prieska is as die nuwe voorsitter vir Tafel Rondte Noord-Kaap vir 2019/20 ingehuldig.  Almal in Tafel ken vir Attie Naude en weet hy sal hom baie goed van sy taak kwyt.  Attie, baie sterkte vir jou en jou gesin vir die komende jaar, almal van Tafel Rondte Noord-Kaap staan bankvas agter jou.  Jaco van Zyl is ingehuldig as die nuwe voorsitter van Prieska 161.  Baie geluk Jaco, alle voorspoed vir jou en jou gesin.  Prieska 161 sien uit na ‘n goeie jaar saam met jou.  Na almal die driegang maaltyd geniet het, was daar nog een tradisie wat moes plaasvind, ons eregaste, die manne van Natal is na vore geroep en bedank vir hulle bydrae tot die naweek.  Daarna het Attie ‘n pakkie oorhandig en die kring is gevorm.  Verder kan nie eintlik uitgebrei word oor die tradisie nie.

Sondagoggend is daar weer vir oulaas bymekaar gekom vir ‘n lekker ontbyt.  Daarna is van die bestuurslede vir nog ‘n CVC vergadering na die klubhuis waarna almal vertrek het na hulle bestemmings.  Die manne van Natal was heeldag op die pad en die laaste persoon was net so na 22:00 by die huis.  Prieska 161 wil elke persoon bedank wat deel was van die naweek.  Sonder julle sou die naweek nie so ‘n reuse sukses kon wees nie.

47ste AGM van Prieska 161

Op 9 Februarie 2019 het Round Table Prieska 161 hulle 47ste algemene jaar vergadering gehou in die Round Table klubhuis.  Verrigtinge het om 11:30 begin Egbert het die vergadering geopen met skriflesing en gebed.  Met Dan Krapohl as tugmeester het die vergadering baie goed afgeloop. Elke portefeulje houer het ‘n kans gehad om sy jaarlikse verslag aan die vergaderig voor te hou.  Prieska 161 het ‘n baie goeie jaar agter die rug en het sewe projekte aangebied wat almal baie suksesvol was.

2018 was ook ‘n baie goeie jaar wat “raids” aanbetref en daar was 1000’e kilometerss afgelê om mede tafelaars te “raid’’.  So is daar ook nuwe vriende gemaak wat vir altyd sal bly.  Prieska 161 het ook 100% bywonings syfer gehad by ARTSA wat gehou was in Upington, dit was verseker een van die hoogtepunte van 2018.  Christo de Witt, Prieska 161 se uitredende voorsitter het ook almal bedank, mans en vroue,  vir hulle bydraes vir die jaar.  Prieska 161 het gedurende die jaar R144 601,00 geskenk aan liefdadigheid reg oor die land, die meeste nog in Prieska 161 se bestaan.

Prieska 161 het ook 3 nuwe “pipeliners” bygekry naamlik Kerneels Greyling jnr, Adriaan Wessels en Wimpie Grobler.  Sterkte vir julle tafelloopbaan julle is ‘n groot aanwins vir Prieska 161.  Daar kom egter ook ‘n tyd waneer jou tafelloopbaan verby is en dit is met groot harsteer dat ons vir Lodewyk Steyl en Ferdinand Krapohl hierdie jaar moet aftsaan as 41’ers.  Baie dankie vir alles wat julle beteken het vir Round Table en vir Prieska 161.  Julle twee sal verseker gemis word maar ons hoop ook om julle nog net so baie te sien en betrokke te hê by Prieska 161.

Prieska 161 se nuwe bestuur vir 2019/2020 is ook bekend gemaak en hulle is as volg.  Jaco van Zyl (Voorsitter), Jaco Burger (Onder voorsitter/Lede), Christo de Witt (Finansies), Egbert van Rensburg (Sekretaris), Fourie Krapohl (Klubhuis) en Hechter Sandenbergh (IRO/PRO).  Baie sterkte aan die nuwe bestuur en mag julle ‘n baie suksesvolle jaar hê.

 

Prieska 161 bestuur 2019/2020. Voor; Jaco Burger (Onder voorsitter), Jaco van Zyl (Voorsitter) Agter ; Christo de Witt (Finansies), Hechter Sandenbergh (IRO/PO), Egbert van Rensburg (Sekretaris) en Dan Krapohl (Klubhuis)

Prieska 161 jaareinde funksie

Tradisioneel nie die ouetehuis ete, hou ons ‘n jaarafsluiting social.  Hierdie jaar was dit by Lota se huis en was weer een vir die boeke!

Prieska 161 ouetehuis kersete

Soos gebruiklik het Prieska 161 weer vir die ouetehuis ‘n lekker kersfees ete gehou.  Die ouetehuis kry geweldig swaar finansieel en een keer ‘n jaar kry ons die geleentheid om die oumensies se dag op te helder.

161 jacuzzi besigheids vergadering

Desember besigheids vergadering in die Jacuzzi op die oewer van die Oranje rivier, raak nou ‘n tradisie en in ‘n vrek lekker een ook. Vergadering is verdaag op 01:30.

Gareth 186 breakfast raid 161

Gareth Mullin van Hartz 186 was met sy gesin oppad Weskus toe.  Hy het ons verras met ‘n oproep vroeg die oggend en ons genooi vir ontbyt in ons eie dorp.  Ek, Attie en Hechter kon by wees en na ‘n vinnige hap het hy en sy span weer vertrek.  Dankie Galla, was ‘n aangename verrassing.

Prieska 161 dryf op die groot Gariep

Op 10 Nobember het ons ‘n social dryf gehad. Ons het ganse geskiet, gebraai, geswem en gekuier, alles terwyl die Bazooka ligte agtergrond musiek vir ons speel.  Een vir die boeke! Wat gebeur op die water bly op die water….

Prieska 161 wen op Oscar aand

Met n onlangse Oscar aand, gehou vir die dorp, het Prieska 161 omtrent gekook.  Ons het die Oscar vir die beste projek van die jaar gewen, wat ons al 10 jaar lank aanbied.  Hechter het ook die "Stoetbul van die jaar" Oscar gewen saammet sy mede-ster, Colette, vir die fliek: Twins.  Jaco se vrou, Yolandi, het n eensydige en opgeblaaste vertolking gegee van die gebeure in `n lui  huisvrou se dag, wat almal lekker laat lag het.  Baie geluk almal met hierdie vertonings!

Social braai by die inkomende voorsitter

Oktober se social braai was gehou by ons onder voorsitter se huis.  Jaco en Nita het baie moeite gedoen om ons goed te onthaal.  Prieska is al ‘n redelike uitgebreide span en ons was 48 tafellaars en gades, 41ers en gades en almal se kinders in hulle huis! Op die aand is die social beker oudergewoonte oorhandig vir November maand, wat dan sal gebeur by Ferdi se huis.  Altyd lekker om te social!

Prieska 161 Rolbaldag

Prieska 161 het weer hierdie jaar die rolbal besigheids kompetisie aangebied na die groot sukses van laasjaar.

Na goeie ondersteuning uit die gemeenskap en ‘n goeie veiling, het ons weer R50000 ingesamel.

Dankie vir die convener Jaco van Zyl en die manne en vroue van 161 wat hard gewerk het om hierdie dag weer ‘n groot sukses te maak.  Dankie ook aan Upington 79 wat ons kom raid het die aand!

Prieska 161 raid 4 tafels in Gauteng

Die 27 ste September het ons ‘n raid in Krugersdorp bygewoon. Die geselligheid was in ‘n plaaslike gesins restaurant gehou. Tafels teenwoordig was Prieska 161, Krugersdorp 48, Midrand 253, Florida 21 en Roodepoort 162. Baie lekker aand gewees.

Bloedskenk


Prieska 161 ondersteun bloedskenk gereeld. Ek het hier ‘n paar tafellaars, ‘n 41’er Frans Lotz en 41’er vrou Anel van Staden afgeneem terwyl ons daar was. Well done!

Prieska 4 x 4


Op 25 Augustus het ons die jaarlikse 4 x 4 kompetisie gehou en gebruiklik deur Egbert convene. Dit was ‘n heerlike lentedag en die gees was tasbaar. Daar was 15 inskrywings van so vêr as Douglas en Upington. Alhoewel dit minder as verlede jaar was, het ons steeds meer as R30 000 ingesamel vir minder bevoorregtes.

Prieska winter area


Tweede naweek van Junie was winter area gehou in Prieska. Tema was Vuil Vanderbijl.

Augrabies het weer ons hele klubhuis weg gedra. Ek het Hartz se 41’ers ge home host. Ek kannie verder iets onthou nie.

Ladies night


Op 8 September het die tafel vrouens hul jaarlikse ladies night gehad by ons klubhuis. Voorsitters vrou Jancke het conviene. Die tema was Cartoon network en alles van Cruella deVille, Minions, Popeye, Dexter en Didi en superheroes het opgedaag. Die 36 karakters het gedans en lekker gekuier. Klubhuis se alarm het om 04:00 Saterdag oggend die toesluit sein gestuur. Ek vermoed daar was ‘n paar hoofpyne die volgende oggend. Geluk met ‘n goeie funksie dames!

Social braai by die pyp


Terwyl die vrouens besig was met hulle jaarlikse ladies night, het die manne en kinders gaan braai by Kerneels Greyling. Dit was bibberkoud, maar die vuur en voggies het ons lekker warm gemaak. Die social beker, geskenk deur ons Area voorsitter Willie Gresse, is aan die onder-voorsitter Jaco van Zyl van Kerneels oorhandig. Dankie Kerneels en tafellaars! Ons sien uit na Oktober social by Jaco se nuwe braai.

Social jag op Soetvlei


Op 8 September, die heel koudste dag omtrent van die jaar, het 41’ers Bles en sy seun Michael, Juan en sy seun Juandré, Jaco Burger en sy broer Bernard, Hechter, Tjop en Paultjie en ons voorsitter Christo, op Soetvlei springbok ramme gaan uitskiet. Die manne het die reën en sneeu moedig trotseer, maar teen middagete het hulle ontrek na die luuksheid van ‘n groot swarthaak vuur. Hier is gekuier tot 20:00 die aand waarna die party geskuif het tot in die golfklub tot laat. Dankie vir die geselligheid manne en mooi geskiet in hierdie uitdagende toestande. Ek hoop ons kies ‘n beter dag volgende keer.

Hechter en Colette kry ‘n tweeling

Sondag oggend, die 12 de Augustus omstreeks 03:00, moes Hechter met sy vrou inderhaas Upington toe jaag toe sy in kraam gegaan het. Om 07:30 is Kiara se twee boeties gebore. Alexander en Liam was gesond en perfek. Na ‘n vlugtige broeikas sessie vir Liam, is hulle Vrydag ontslaan en huistoe. Baie geluk met hierdie twee julle. Mag hulle baie vreugde vir julle bring. Ons sien uit na hulle induction in 2040.

Prieska 161 raid Augrabies 273 jag

Convener Jurgens Coetzee van Augrabies 273 het ‘n jag gereël op die plaas Gemsbokkie, net buite Askham. Tjop en Bles het die jag meegemaak. Die Vrydag se inry het soos gewoonlik heel dag gevat. Van vroeg af het die wind verskriklik gewaai en Tjop, Bles en Abraham het besluit om die weer liewer in die Molopo logde te gaan uitwag. Gevolglik het Bles die afdraai met 17 km gemis die nag.  Dit het wel gelei na ‘n dag van heerlike fellowship. Saterdag het ons lekker gejag en Jurgens het ons bederf met ‘n lekker potjiekos, wat ons eers die Sondag oggend ge-eet het. Die rit terug huistoe met ‘n kruppel Cruiser het baie lank gevat en ons die geleentheid gegun om die laaste coke uit te sort.  Almal het nuwe vriende gemaak en ‘n uitstekende jag gewees inderdaad. Ek hoop regtig ons kan dit weer doen volgende jaar.  Dankie Jurgens vir al jou moeite!

Frans Lotz raid Douglas 224 pan rally

Prieska 41’er en plaaslike regsgeleerde, Frans Lotz, het die Prieska manne vergesel na Douglas 224 se pan rally. Altyd ‘n bok vir sports!

Area voorsitter Willie besoek Prieska

Mnr. Willie Gresse het ons besoek met ons Augustus besigheids vergadering. Soos gewoonlik was hy voorbereid met komplimente en positiewe kritiek. Hy het terugvoer gegee oor wat op ASCO aangaan en ons het lekker besigheid gepraat. Na sy spreekbeurt het ons sersant, JB Naudè, hom net herriner dat hy in ons vergadering nie oorgeslaan sal word nie. Baie dankie vir die vinnige kuier Mnr. Die Noord-Kaaplandse gebieds voorsitter! Sterkte vir die res van jou termyn. Jy is voorwaar vir ons ‘n voorbeeld en ons waardeer jou insette om Prieska 161 vorentoe te vat.

Bob Cilliers beweeg aan

Een van Prieska se stigterslede, Bob Cilliers, is verlede week in die teenwoordigheid van sy familie, rustig in die hospitaal op Prieska oorlede op 79 jarige ouderdom. Bob was met sy roudiens beskryf as ‘n wyse, geduldige, wydbelese man met respek vir ander, die natuur en sy God. Deur die jare was oom Bob baie betrokke as 41’er en het menigte huldigings dinees bygewoon in my tyd in tafel.  Een van sy drie seuns, AB Cilliers, ook ‘n aktiewe 41’er, het ‘n pragtige en hartroerende huldeblyk aan sy pa voorgehou tydens die roudiens. Oom Bob het diep spore in Prieska se landbousektor en sy gemeenskap getrap en sy nagedagtenis sal verewig staan in Prieska en Prieska 161 se geskiedenis.  Ons eer sy lewe deur aan te hou waarmee hy en sy vriende begin het 47 jaar terug. Rus in vrede oom Bob. Oom was ‘n lewende legende!

Ontmoet vir Dave Walker

Op ‘n onlangse gesins vakansie in Rhodes, sit daar ‘n groot gryse in die hoek van die klein kroegie. In die kroeg is baie tafel memorobalia. Ek stap oor na die man en stel myself voor, Tjop de Vries, Prieska 161, hy antwoord: Dave Walker, Ficksburg 98, 41’er.  In ‘n oogwink is ek tuis in my nuwe vriend se kroeg. Lekker tyd gehad in Walkerbouts, dankie Dave!

Roodepoort 162i raid Prieska 161

Rochè en sy vrou Sybil van ons buurnommer tafel, 162, woon jaarliks hulle familiejag by in Loeriesfontein.  Prieska is die bevoorregte oorslaap opsie en vanjaar was die tweede jaar in ‘n ry wat Rochè by ons kuier oppad na sy jag. Op die foto v.l.n.r is Attie, Sybil, Dan, Rochè, Jaco, Egbert, Hechter en Ferdie tydens die afterparty in die Golfklub. Lekker jag en veilig reis deur ons mooi Noord-Kaap. Ons sien julle volgende jaar weer in Prieska.

Kinderhuis kuier

Op 7 Julie 2018 het Prieska se manne, vroue en kinders bietjie gaan kuier op die jeugkamp met 30 kinderhuis kinders. Hierdie kinders het vakansie tye nie huise om na te gaan nie en kom Desember en Junie vakansies Prieska jeugkamp toe, waar Mnr. Ottie Naudé en sy vrou hulle bietjie bederf.  161 het in Desember 2017 betrokke geraak en weer nou in Junie 2018.  Die Prieska kinders het nuwe maatjies gemaak en heel Saterdag om gespeel, terwyl die ouers vir almal gebraai het en geskenk pakkies uitgedeel het. ‘n Besonderse en lewens veranderende ervaring vir almal, dis verseker.

Winterknights 2018 skenking

Op 25 Mei 2018 het Prieska 161 soos gewoonlik die jaarlikse Winterknights projek afgeskop by die klubhuis.  Die dorp se skenkers is onthaal met verversings en almal het ‘n lekker sosiale geleentheid hiervan gemaak. Op die aand is 48 sakke klere, komberse en skoene ingesamel en drie trollies kos, wat die tafellaars vroeër die middag met die R5 projek by OK en Spar ingesamel het. Hier staan Attie en Christo by Chriselda Gouws, wat die NG kerk voedselprojek hanteer, by die skenking. Baie geluk aan Prieska 161 met hierdie spanpoging.  Dit maak die winter beter vir so baie mense.

Douglas 224 raid Prieska 161

Hilton, Michael en Andreaco het ons kom verras met ons Julie besigheids vergadering op Woensdag, 3 Julie 2018.  Hulle het saam vergader en gekuier en weer 1:30 veilig in Douglas arriveer.  Om in die Noord-Kaap te raid is baie uitdagend en boonop om dit op `n weeksaand dit te doen, 300 km te ry, in die nag, is regtig besonders.  Douglas 224 het op die aand verder R10 000 bewillig vir ons nuwe kinderhuis projek.  Baie dankie julle ysters!

Prieska 161 raid Kimberley 5

Attie, Egbert en Tjop het `n lekker sosiale geleentheid, gereël deur Roscoe Lawrence, by die Horseshoe gaan bywoon op 27 Junie 2018.  Douglas 224 en Harts 186 was ook teenwoordig.  Nuwe manne ontmoet en lekker vriende gemaak.  Dankie aan Roscoe wat dit gereël het.

NAC fly away

National Airways corporation het by Prieska aangekom met hulle 10de jaarlikse wegvlug op 29 April. Prieska 161 se vrouens het hulle onthaal met ‘n skemerkelkie op die oewer van ‘n vol Oranje rivier en dit het die tafel gedek vir wat die aand ons asems sou wegslaan.  Die aand is afgeskop met ‘n lekker spitbraai en afval pot en die voorsitter van 161, Christo de Witt, het die geleentheid gebruik om Winterknights en Child Witness foundation se videos vir die 49 gaste te wys.  Almal se harte en beursies het oopgegaan vir hierdie waardige projekte en R105000 is op die aand ingesamel. Baie dankie aan NAC en Prieska 161 vir julle bereidwilligheid en liefde.

47 ste voorsitter van Prieska 161 ingehuldig.

Christo de Witt, hier met sy vrou Jancke, is op 24 Februarie 2018 ingehuldug as Prieska 161 se 47 ste voorsitter. Baie geluk en baie sterkte!

Prieska 161 hou rolbal toernooi vir “Child Witness Foundation”

Op Vrydag 13 Oktober 2017 het Prieska Roundtable 161 gesamenlik met Prieska rolbalklub ‘n rolbal toernooi gehou ten bate van die “Child witness foundation.” Die Child Witness Foundation is in 2015 gestig om die werk van The Child Witness Institute te ondersteun. Ons verhoog bewustheid van die onregte wat kinders in die regstelsel ondervind, en van die werk wat die instituut gedoen het om dit reg te stel. Ons insamel fondse om die instituut in staat te stel om hul pogings te skaal.  Hierdie is basies wat die Child Witness Foundation doen vir kinders wat mishandel word.  Vanaf 2017 is Round Table Suid-Afrika (ARTSA) betrokke by hierdie projek om fondse intesamel vir hierdie mense wat ‘n ongelooflike werk doen vir ons land se kinders.  Round Table Prieska 161 het besluit op ‘n rolbal dag omdat daar ‘n groot groep mense van jonk tot oud betrokke is by Prieska Rolbalklub.  Die idee vir die dag was om die spanne so regverdig moontlik te maak en elke span het ‘n lid van die rolbalklub en Round Table gehad plus nog twee addisionele spanlede  uit die publiek.  Altesaam 14 spanne het aan die kompetisie deelgeneem.  Elke span het 3 wedstryde gespeel van 6 koppe elk.  Die wenners van elke wedstryd het dan aangeskyf om aan die finaal deel te neem.  So dag is nooit moontlik sonder borge nie en ons wil net die volgende borge bedank vir hul bydrae, GWK Meganisasie, Cloete Coetzee, Gird Rossouw, Riverview Lodge, Tops Prieska, Prieska Meubels, Prieska Slaghuis, Prieska Rolbalklub en Round Table Prieska.  Sonder die borge was die dag nie so reuse sukses nie.  Die wenners van die dag was Louis van Wyk, Frans Lotz, Sonette Human en Hechter Sandenbergh.  Prieska Roundtable het na die afloop van die dag R30 000 wins gemaak wat hulle alles skenk aan die “Child Witness Foundation.”  Baie dankie aan elkeen wat daar was vir die ondersteuning.

 

Prieska 161 bied aan 4×4

26 Augustus 2017 –

Dit was weer tyd vir die jaarlikse 4×4 dag wat aangebied word deur Round Table Prieska 161.  26 Augustus 2017 was die datum vir hierdie groot dag.  Die manne van Prieska Roundtable se beplanning vir die dag begin egter lank voor dit.  Maande se beplanning gaan in so dag, die baan se beplanning vat egter tyd,  hierdie jaar het ons hulp ingeroep van Douglas se 4×4 klub om idees te gee en om te help met die uiteensetting van al die hindernisse.  Dit was ‘n reuse sukses en die baan het hierdie jaar anders gelyk as al die ander jare.  Op 26 Augustus het daar deelnemers van ver gekom om deel te wees van die dag.  Inskrywings het om 08:00 begin by Prieska Golfklub.  Daar was ‘n total van 25 voertuie ingeskryf waaronder ‘n hele paar vroue drywers ook.  Die kompetisie het omstreeks 09:30 begin in die bos, sommer van die 1ste hindernis was die kompetisie baie sterk en Egbert an Rensburg het sy hande vol gehad met die punte toekenning.  Daar was ‘n total van 6 hindernisse,  na die eerste 3 voltooi was het almal gebreek vir middagete.  Die mans en vroue van Prieska Roundtable het heerlike hamburgers en sosaties voorberei vir die deelnemers en toeskouers.  Daarna het almal vertrek na die laaste 3 hindernisse waaronder Ferdie se beroemde lang duin.  Ferdi belowe elke jaar aan al die deelnemers niemand sal die duin baas raak nie en elke jaat word Ferdi verkeerd bewys.  Hierdie jaar was dit egter moeiliker maar daar is wel 1 of 2 voertuie wat die duin baas geraak het.  Na afloop van die kompetisie is almla terug na Prieska Golfklub waar die prysuitdeling en ete gehou is.  Die wenners het weg gestap met groot pryse danksy al ons borge vir die dag,  julle is egter te veel om almal by die naam te noem,  baie dankie aan elke borg.  Sonder julle is so dag nie moontlik nie.  Die wenners vir die dag was as volg, in die 3de plek was Johan van Rhyn (Douglas) in die 2de plek was Cilliers Fourie(Douglas) en in die 1ste plek was Nico Nel met sy Jeep ook van Douglas.  Baie geluk aan al die wenners en ook al die deelnemers.  Na die afloop van die dag het Prieska Round Table 161 besluit om R50 000 te skenk aan Hayleigh Stals van Douglas,  Hayleigh is twee weke voor haar 8ste verjaarsdag met Fanconi Anemia (FA) gediagnoseer.  FA kan lei tot verskeie soorte kankers wat onder andere in die kop, nek en organe kan voorkom en veroorsaak dat die beenmurg nie meer korrek funksioneer om genoegsame bloed te produseer nie. Dit veroorsaak dat die tellings van al die 3 tipes bloed selle( Rooi, wit en plaatjies) afneem.  ‘n Suksesvolle beenmurg oorplanting stel haar liggaam in staat om weer normal bloed te vervaardig maar sy sal gereelde toetse benodig om enige kankers vroegtydig te ontdek en te behandelvoor haar 8ste verjaarsdag.  Baie sterkte Hayleigh, ons hoop jy word gou gesond.

DCIM100MEDIADJI_0024.JPG

Prieska 161 Winter Knights

Saterdag 27 Mei 2017 was weer tyd vir Prieska Round Table se jaarlikse Winter Knights projek.  Die projek is ‘n landwye projek waaraan alle Round Table’s in die land deelneem, Toyota SA het ook hierdie jaar by dit betrokke geraak.  Wat behels die projek als?  Soos almal weet en voel is die winter op ons en is daar baie mense wat nie kos of warm klere het vir die winter nie.  Ons samel nie bederfbare kos, klere, komberse, sowel as kontant donasies in wat ons skenk in ons gemeenskap vir minder bevoorregte mense wat dit die nodigste het in ons gemeenskap.  Prieska Round Table het hierdie jaar iets nuut probeer,  lede van die Round Table het by OK Grocer en by Spar bymekaar gekom Vrydag middag om 17:00 en vir mense wat kom inkopies doen dan ‘n R5 te gee en dan kon hulle ‘n item van R5 koop en in ons mandjie’s kom plaas by die deur, R5 is dalk min, maar vir die wat dit nie het nie is dit baie.  Die gemeenskap van Prieska het ons baie goed ondersteun en meeste mense het pakkies met baie waarde in ons mandjies kom plaas.  Round Table het in ‘n kwessie van +-1uur teminste R8000 se kruideniersware versamel.  Ons wil baie dankie sê aan elke person wat die projek ondersteun het en ook ‘n spesiale dankie aan OK Grocer en Prieska Spar wat uit hul eie ‘n enorme skunking gemaak het.  Hoërskool Prieska was ook betrokke by die projek en het klere ingesamel wat hulle oorhandig aan Round Table waar ons dit verder versprei aan behoeftiges.  Daar sal beslis ‘n verskil gemaak word aan ‘n hele paar mense se lewens hierdie winter!

 

 

 

Prieska AGM/Induction dinner 11 Februarie 2017

 Saterdag 11 Februarie 2017 was dit weer tyd vir Prieska Roundtable 161 se algemene jaarvergadering sowel as inhuldings dinee van die nuwe voorsitter en onder voorsitter vir die komende jaar.  Die inhuldigings dinee was gehou by die GWK raadsaal en dit was streng formeel.  Die manne was uitgevat in hul swart pakke maar die vrouens het die kollig gesteel.  Al die dames het asemrowend gelyk in hul aandrokke.  Daar was ook ‘n paar 41’ers en hulle vroue teenwoordig,  oom Bob Cilliers, wat ‘n stigters lid is van Prieska161 het ook die aand saam gekuier en self ‘n staaltjie of 2 vertel.  Ferdinand Krapohl het sy toespraak gelewer as uittredende voorsitter en die jaar was omtrent ‘n groot sukses met hom aan die stuur.  Pieter Paul de Vries, Noord Kaap area voorsitter, het die oorhandiging gedoen en die nuwe president vir 2017, Egbert van Rensburg aan al die gaste voorgestel.  Baie sterke Egbert en Lee-Ann vir die jaar wat voorlê.  Ons as Prieska 161 tafelaars sien uit vir die jaar saam met jou.  Christo de Witt is ook ingehuldig as ondervoorsitter vir die jaar.  Baie geluk ook aan hom en sy vrou Jancke.

 

 

Pieter Paul wens Egbert van Rensburg geluk met sy inhuldiging as Prieska 161 se voorsitter vir 2017.

 

Pieter Paul de Vries, Noord Kaap Area voorsitter by Prieska 161 se nuwe ondervoorsitter vir 2017, Christo de Witt.

Prieska 161 4×4

20160827_133337

27 Augustus 2016 – Dit is weer tyd vir Prieska 161 se jaarlikse 4×4 kompetsie.  Alhoewel die kompetisie eers op die 27ste Augustus plaas gevind het het die beplanning al lank voor die tyd begin.  Die tafelaars moes die uitleg van die baan deeglik beplan en harde ure is ingesit twee weke voor die kompetisie.  Prieska 161 se manne het amper elke Saterdag in Augustus in die Bos by mekaar gekom vir planne en baanbou pogings.  Selfs die tafelaars se kinders het help bou aan die baan.

 

20160820_120345

Hier is die tafelaars hard besig met baanbou vir die komende 4×4

20160820_120400

Ockie en Jaco maak planne oor wat waar moet kom.

20160820_145517

Tot die tafelaars se kinders het gehelp.

 

Op Saterdag 27 Augustus het die groot dag aangebreek.  Prieska Tafelaars was al van vroeg af besig om die laaste goedjies om die baan reg te kry.  Daar is vuur aangesteek by Prieska Golfclub om wors en sosaties te braai vir die deelnemers.  Die voertuie het stadig maar seker opgedaag en daar was ‘n totaal van 27 voertuie ingeskryf vir die dag.  Deelnemers het van ver gekom om die dag saam met Prieska en sy mense te geniet. Egbert en Ferdinand het soos oudergewoonte hulle pos as beoordelaars ingeneem en het die deelnemers na die bos vergesel waar die hindernisse wag.  Altesaam 5 hindernisse was op die baan wat 1 “time trial” insluit.   Die kompetisie was straf en al die deelnemers se punte was tot op die einde van die dag baie naby aan mekaar.

20160827_113915

20160827_113910

Toeskouers en deelnemers

14117818_10206675624560892_4822743285266189935_n

‘n Deelnemer maak reg om weg te spring.

 

 

 

13:00 is daar gebreek vir middag ete waar die Tafelaars en hulle vrouens sosaties en hamburgers gemaak het vir die deelnemers en toeskouers, daar was natuurlik ook ‘n kontant kroeg op wiele wat die dors kele so bietjie kon les.  Prieska 161 se vrouens is ysters en sonder hulle sou hierdie dag ook glad nie moontlik kon wees nie.  Baie dankie dames,  julle word opreg waardeer.

103dc55d-ab64-411f-9561-dd0437e9ddf3

Die dames van Prieska 161 by die kos tent

 

Na afloop van middag ete is daar aanbeweeg na die laaste 2 hindernisse waarvan die laaste Ferdi se beroemde langduin is.  Die langduin is elke jaar die hoogte punt van die dag en die maane spook behoorlik om bo op uit tekom.  Daar is egter wel ook ‘n paar voertuie wat sommer gemaklik tot bo gekom het die ander manne het ‘n paar keer probeer en moes maar later die “chicken run” langsaan doen.  Om 17:30 was die deelnemers klaar en terwyl Egbert die punte bewerk het was daar nog een of twee persone wat die duin probeer troef het.  Daarna het almal na die golfclub beweeg vir ‘n lekker braai en prysuitdeling. Soos al die ander jare het ons weer baie borge gekry ,  Prieska 161 wil net BAIE dankie se aan elke borg van die dag, sonder borge is so groot dag glad nie moontlik nie.  Egbert het die prysuitdeling hanteer en Christine Krapohl, voorsitters vrou het die pryse oorhandig.  In die 3de plek was gewees Cilliers met sy cruiser van Douglas, 2de plek was gewees Johan Visser van Douglas en in die 1ste plek was Johan “Bles” van Staden van Prieska met sy Jeep.  Baie geluk aan die wenners.  Prieska 161 wil net almal bedank wat betrokke was by die dag, borge, deelnemers, ondersteuners en dan ook elke tafelaar en hulle vrouens wat hard gewerk het om die dag ‘n groot sukses te maak.  Volgende jaar maak ons weer so.

20160827_192304

Bles was algeel 1ste vir die dag

20160827_192428

Johan Visser van Douglas was 2de

20160827_192539

Cilliers van Douglas in die 3de plek.

Winter Knights Prieska 161

20 Mei 2016 was dit weer tyd vir ons jaarlikse Winter Knights wat Prieska 161 aanbied.  Die projek is al dalk nooit een van Prieska se grootste nie maar dit is beslis een van die lekkerste.   Ons was hierdie jaar bevoorreg om dit vir die 1ste keer in ‘n lang tyd weer in ons klubhuis aan te kan bied en het besluit om net ‘n lekker party te hou en nie weer ‘n tema aan dit te koppel nie.  Elke persoon wat egter die aand wou bywoon moes ingang betaal het met ‘n sak klere of nie bederfbare kos wat ons kan skenk.

20160520_194415

20160520_192854

Prieska 161 Winter Knights 2016

 

Die mense van Prieska was weer soos al die ander jare baie goed gelowig en die klere het ingestroom.  Alhoewel daar minder mense was as wat ons voor gehoop het was die aand ‘n reuse sukses.  Daar was ook ‘n spesiale “veiling” die aand waar ons ‘n vriend se hare en baard opgeveil het waaroor hy bitter heilig was.  Elke persoon kon ‘n paar rand in die emmer gooi en dan ‘n gedeelte afskeer.  Ons het R1000 ingesamel net om vir Xander met ‘n kaal kop te sien.  Dan soos oudergewoonte moet daar eers modeparade gehou word, dit is al ‘n tradisie by Prieska 161 se Winter Knights.  Die manne trek vir hulle klein nommertjies aan en hou dan vir hulle baie sexy.  Daar is behoorlik gekuier tot laat.

20160520_220434 20160520_22080120160520_222950

IMG-20160521-WA0008IMG-20160521-WA0009IMG-20160521-WA0010IMG-20160521-WA0011IMG-20160521-WA0012IMG-20160521-WA0016

Prieska 161 het +- R20 000 vir die aand ingesamel as ons al die klere en kos en kontant verkope in berekening bring.  Baie dankie aan elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het die aand.  Danksy julle maak ons weer ‘n verskil in ‘n hele paar mense se lewens die winter.  Prieska 161 het omtrent 3 bakkie vragte klere oorhandig aan die group Care 4 van Prieska wat dit plaaslik gaan versprei aan persone wat dit die meeste benodig die komende winter.

 

20160524_162925

Prieska 161 Wes Kaap raid

20160506_17064920160506_17470720160506_17065820160506_172855

Dis 10:00 Vrydag oggend 6 Mei 2016.  Vier van Prieska 161 se manne is reg vir die langpad na Robertson.  Tjop, Attie , Egbert en Hechter is opad na Agulhas se wynveiling Saterdagaand by die Arniston Hotel in Waenhuiskrans maar ons ry eers Robertson om om bietjie vir die tafelaars daar te gaan kuier.   Ons het spoedig gevorder top op 3 Susters waar ons iets vir die maag gekoop het en Tjop het die stokke aan Attie aka Michael Shumacher gegee.  Attie was sommer heel naweek ons “designated driver”.
Ons volgende stop was by die bekende “Ronnies Sex Shop” op Route 62.  Daar het ons vinnig ‘n paar Prieska 161 stickers geplak en ons vlaggie gehang en natuurlik ‘n koue een vir die pad gevat.  Die son het begin sak en ons het nog ‘n entjie gehad om te ry so Attie het nie tyd gemors nie en die CC het mooi geloop.  Ons het 19:30 in Robertson geariveer waar ons die tafelaars ontmoet het en hulle het ons onthaal by 1 van hulle se huis.  Daar was lekker gebraai en gekuier en ons het nuwe vriende ontmoet!  Ons kon darm nie vertrek uit Robertson sonder om die dorp en sy nag lewe te gaan ontdek nie.  Ons is bietjie strate toe en was net voor son opkom by die gastehuis.

20160506_230523 20160507_001409 20160506_22120620160507_001411

Saterdag more het ons ‘n breakfast gaan eet by Wimpy en gou ‘n vinnige draai by verskillende apteke gaan maak vir Egbert so reg maak dop.  Ons het in die pad geval opad na Waenhuiskrans/Arniston.  Net buite Robertson het ons eers stil gehou sodat egbert sy familie resep kon aanmaak en vir ons voer.  Dit manne se batterye was maar pap en dit was stil op die pad maar soos die tyd verby gaan het die klank weer aangekom.

20160507_092745 20160507_113512 20160507_113526 20160507_113558

Ons het 1uur by Arniston aangekom waarna ons ingeboek het by die hotel.  Ons het ‘n paar uur oorgehad voor die veiling en dit toe maar in die kamers deurgebring waar ons bietjie karate water gevat het.  Ons het ook die hotel se bar baie geniet,  daarna was ons spa toe maar vir 1 of ander rede het hulle ons laat verstaan dat hulle “vol” is.  Die manne het hulle mooi moois gaan antrek en ons is opad veiling toe.  Gas spreker Barry Hilton het die mense laat lag en die aand was ‘n groot sukses.  Prieska 161 het ook R10 000 geskenk vir die projek wat gaan om gestremde kinders te help.  Sondag more het ons vertek en was opad huistoe. Dit was weereens ‘n naweek vir die boeke.

20160507_162301 IMG-20160507-WA0007 IMG-20160507-WA0014 IMG-20160508-WA0000 IMG-20160508-WA0013 IMG-20160508-WA0017 IMG-20160508-WA0020 IMG-20160508-WA0023 IMG-20160508-WA0024

 

 

 

 

50ste Noord-Kaap AGM te Prieska

IMG-20160301-WA0004

Die naweek van 26 Februarie was ‘n groot gebeurtenis vir Round Table Prieska 161.  Prieska 161 het die 50ste Noord-Kaap algemene jaar vergadering aangebied tesame met die inhuldiging van Prieska 161 se nuwe voorsitter , Ferdinand Krapohl, asook ons nuwe Noord-Kaap area voorsitter, Pieter Paul de Vries, hier in Prieska. Tafelaars van wyd en suid het die naweek bygewoon en ook ons 4F’s vriende van Noord Natal ‘n 1400km afgelê om die naweek saam met Noord-Kaap se tafels te kom kuier. Die naweek het Vrydag middag omstreek 16:30 begin toe ons gaste van Noord Natal by ons nuwe klubhuis opgedaag het.  Daarna is  die manne vergesel na Prieska Golfclub waar registrasie begin het  en die Noord-Kaap tafels begin opdaag het.  Prieska 161 het vir die manne lekker steak gebraai en daar is gekuier tot vroegoggend.

Saterdag oggend het die “EFF” lede van Augrabies 273 vroeg oggend begin toi toi by Prieska se nuwe klubhuis en die kop geëis van ons huidige Area Voorsitter Jan van Heerden aka Jan Doof met hulle plakkate #janmustfall. Daarna is almal verwelkom met ‘n lekker ontbyt wat voorberei is deur die tafelaars van Prieska se vrouens. Die vergaderings het om 08:30 begin en daarna het Bles en ons eie Jim Carry die ladies op ‘n dryf geneem om die Oranje rivier.  Die 4F’s manne van Natal is na ‘n uitkyk punt op die rivier waar hulle kleie geskiet het en sommer net lekker gekuier het.

IMG-20160301-WA0004

Die “EFF” van Augrabies273 asook Tjop en Hilton toi toi vroeg more

Die aand se verigtinge het om 18:30 begin en die was ‘n formele dinee met baie formaliteite.  Die vrouens van Prieska 161 het hulle self weer oortref en hulle het Tjop se gifstoor in ‘n 5ster onthaal area omskep.  Die hoogte punt van die aand was die inhuldinging van die 51ste Noord-Kaap area voorsitter, Pieter Paul de Vries, 1 van ons eie Prieska 161 tafelaars. Pieter Paul se incoming speech het baie mense naby trane gehad  veral toe hy sy vrou Ronelle en sy 2 kinders bedank het vir al die bystand oor die jare en veral die jaar wat voorle.  Pieter Paul het ek oud tafelaars en 41’ers soos Schalk Theron bedank vir alles wat hulle vir tafel gedoen het.  Tjop ek het ook baie planne vir Noord-Kaap tafel naamlik om Kimberley 5 en De Aar 223 recharter.  Hy het ook sy bestuurspan aangekondig wat hom gaan bystaan die komende jaar en hulle is die volgende;

20160227_220930

Tjop de Vries (Area Voorsitter), Attie Naude (Sekretaris), Paul Dippenaar (Ondervoorsitter) en Jan van Heerden (tesourier)

Onder-Voorsitter – Paul Dippenaar (Augrabies273)

Sekretaris – Attie Naude (Prieska161)

Tesourier – Jan van Heerden (Hartz186)

IRO/PRO – Willie Gresse (Upignton79)

Cronicle editor – Louis vd Walt (Upington79)

Constitutional adviser – AD Malan (Augrabies273)

 

Ek haal vir Pieter Paul aan, “ Menere, baie Dankie vir julle bereidwilligheid om ons organisasie te dien op so besonderse manier.  Ek sien baie uit na hierdie jaar saammet julle. Ons het groot dinge om na uit te sien.

They say in life you have two dates and a dash.  Ek is dankbaar tafelronde speel `n groot rol in my dash.

Belangriker nog is my pragtige vrou en kinders.  Ek gaan julle so bietjie minder sien hierdie jaar, maar dis darem net `n jaar.  Dankie vir jou ondersteuning en onvoorwaardelike liefde my skat.  Ek hoop ek kan eendag ook daar wees vir jou, soos jy vir my is. Ek is lief vir jou.”

Namens al die tafelaars van Prieska 161 wil ons vir Tjop se baie sterkte met die jaar wat voorlê,  ons weet jy gaan ‘n groot sukses van dit maak soos jy met alles maak wat jy aanpak.  Ook baie voorspoed aan ons eie voorsitter Ferdinand Krapohl en sy vrou Christine,  mag dit vir julle net so mooi jaar wees vol sukses en voorspoed as voorsitters paar by Prieska 161.

Old and new Northerncape area chairman

PP de Vries incoming area chairman with outgoing chairman Jan van Heerden

Ons het ook die jaarlikse trofee oorhandiging gedoen op die AGM en die volgende Tafels/persone het as wenners met die volgende trofees weg gestap;

Uitbreidings Trofee – Prieska 161

Kameraadskap Trofee – Prieska 161

Projek van die jaar – Prieska 161

Tafelaar van die jaar Noord-Kaap – Attie Naude  (Prieska 161)

Bywonings Trofee – Augrabies 273

Vroue Bywonings – Hartz186 en Douglas 224

Stirrers Spoon – Paul Dippenaar (Augrabies 273)

Bloedskenk Trofee – Augrabies 273

20160227_205421

Carlos Ehlers en Hubert Beuken

20160227_214836

Mot het die kak makers ketting sy eie gemaak

20160227_214753

Paul Dippenaar met die “stirrers spoon” saam met Jan Doof

20160227_205645

Tjop de Vries ruil vlaggies uit met ons vriende van Natal. Van links, Tjop de Vries, Carlos Ehlers, Kevin Boonzaaier en Martin van der Linde

20160227_213951

Die vroue bywonings trofee is gedeel deur die dames van Doulgas224 en Hartz186

20160227_212654

Area voorsitter 2016 Tjop de Vries en Ferdinand, voorsitter van Prieska161 vir 2016

20160227_215118(0)

Jan Doof oorhandig die Tafelaar van die jaar trofee aan Attie Naude van Prieska

 

Die verigtingtinge van die aand was dus afgehandel en almal het die 3 gang maaltyd geniet en daar is tot laat gekuier by ons klubhuis.  Sondag oggend het almal vir oulaas by Riverview Lodge bymekaar gekom vir ‘n ontbyt waarna al die tafels terug gekeer het na hul bestemmings.  Prieska 161 wil net elke persoon bedank wat die naweek bygewoon het en almal wat deel was van die reëling.  Die naweek was ‘n reuse sukses. Junie maand kuier ons weer by Augrabies 273.

Prieska Roudtable hou 4 x 4

AuFLvnwkLFtrrHpT5Ec8eDmCt8Q2cpbBuaLDthP2w5EY

Prieska 29 Augustus was weer die jaarlikse 4×4 wat aangebied was deur Round Table Prieska 161.  Die tafelaars was van vroeg af besig met relings en inksrywings het om 08:00 begin by Prieska Golfclub.  Deelnemers het van ver gekom en altesaam 20 voertuie het ingeskryf.  Die baan was goed voorberei en was bietjie moeiliker as die vorige jare so die bestuurders moes hulle storie ken.  Daar was altesaam 6 hindernisse vir die dag met die laaste 1 geken as “Ferdi se lang duin”  die mees opwindenste.  Na 8 jaar kon niemand koning kraai van die duin nie.  Na afloop van die kompetisie was daar ‘n prysuitdeling by Prieska Golfclub met ‘n lekker steakete.  Die wenners van die dag was as volg, in die 3de plek was Johan van Staden van Prieska, 2de was Liezel van der Westhuizen van Douglas en in die 1ste plek Danie Fourie van Douglas met sy Toyota Landcruiser.  Die dag was weereens ‘n reuse sukses te danke aan almal wat betrokke was, al die touskouers, deelnemers en die tafelaars van Prieska met die hulp van hulle vrouens.  Dan wil die Round Table al hulle borge weereens bedank vir elke bydrae, sonder elkeen van julle sal die dag nooit kan realiseer nie.  Ons hoop om volgende jaar weer almal se samewerking te kan he en die dag nog groter en beter te maak.

Prieska Roundtable Winter Knights 2015

Roundtable Prieska 161 maak weereens ‘n verskil.

20150516_182533

Op Saterdag 16 Mei 2015 het Prieska Roundtable hulle jaarlikse Winter Knights projek aangebied.  Die doel van die projek is om soveel as moontlik klere, skoene, komberse en nie-bederfbare voedsel in te samel wat dan weer tussen mense vir wie die winter andersins té koud sou wees!

Priese se Roundtable klub probeer om inoverend te wees met die insamelings projek en dus het on dit die jaar goed gedink om dit saam met ‘n tema aand aan te bied.  Ons het vure aangesteek, en ‘n boemelaars tema aand by die Michigan gebou aangebied waartydens mense hulle items kon bring en dan sommer die aand geniet.

20150516_203827 20150516_211336

Wat die jaar baie spesiaal gemaak het is dat Hoërskool Prieska en die GWK Oewerfees elk ‘n groot bydrae gemaak het waaroor ons baie dankbaar is.  Hoërskool Prieska se leerlingraad het klere, skoene en nie-bederfbare voedsel geskenk en die GWK Oewerfees het ‘n bedrag van R1000-00 geskenk.  Prieska Roundtable het groot waardering vir die samewerking, saam kan ons meer vermag, eerder as om elkeen ons eie rigting in te slaan!

 

20150516_204403

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het om hierdie projek ‘n reuse sukses te maak.  Weet dat u ‘n reuse verskil maak die winter, dat iemand wat dit regtig nodig het die winter met ‘n vol maag en warm kan gaan slaap.

20150516_212221

Inhuldiging van nuwe voorsitter

Op 17 Januarie 2015 is Pieter-Paul en Ronelle De Vries, tydens ‘n formele dinee by Prieska Golfklub, ingehuldig as die nuwe voorsitterspaar vir 2015.

Tydens die dinee het Attie Naudé sy uittredende verslag vir 2014 gelewer.  Hy het melding gemaak van die Sunflower bandannas wat hulle as Roundtable, tesame met Prieska OK, verkoop het en die fondse vir Kanker navorsing kon skenk.  Die hoogtepunt van die verslag was dat Prieska Roundtable die jaar, onderandere, ‘n aansienlike bedrag geld kon skenk vir mense wie dit baie nodig gehad het en vir wie die toekoms nie so rooskleurig was nie.

Hy het ook die klub se dames bedank dat hulle hul mans bygestaan het om die fondse in te samel om die skenkings moontlik te kon maak.

Die res van die bestuur is ook bekend gemaak nl, Onder voorsitter – Ferdi Krapohl, Sekretaris – Egbert Janse van Rensburg, Tessourier en IRO/PRO – Attie Naudé, Klubhuis – Christiaan Visagie.

Prieska Roundtable bedank die gemeenskap van Prieska wat hulle projekte die afgelope jaar so goedhartig ondersteun het.  Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het om so ‘n groot verskil in mense se lewens te kon maak nie.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve