Round Table Northern Cape

Vryburg 72 skenking aan Sopkombuis

Die Adrian Losper sopkombuis het hul eerste inkopies gaan doen by Shoprite met hul R34 000 voucher wat ons hulle mee kon help. Hierdie fondse was moontlik gemaak deur ons vetkoek projek in 2021.

Vryburg 72 – Boeries4Cancer

Vryburg 72 het op 25 Maart ‘n uiters suksesvolle dag gehaad waar ons fondse ingesamel het d.m.v boerie rolls vir vroue met kanker in ons gemeenskap.

Ons kon ook al die ekstra boeries wat nie verkoop is nie skenk aan die ouetehuis en sopkombuis.

Ons wil graag aan ons gemeenskap en besighede baie dankie sê vir die ondersteuning, ook aan die manne van Hartz186 wat die dag saam ons kom geniet het.

Vryburg 72 AGM

Ons het die afgelope naweek ons jaarlikse AGM gehaad en het lekker vergader asook saam gekuier na die tyd.

Baie geluk aan ons nuwe voorsitter en sy komitee , ons hoop ons kan die jaar ‘n groot verskil maak in die gemeenskap.

Die 41’er president het ook vryburg se 41’ers klub kom “charter” en ons het ‘n lekker klomp gaste ook gehaad wat saam kom golf en snooker speel het na afloop van die vergadering.

Die manne se hare het ook gewaai om ons ondersteuning te wys aan een van ons 41’ers en sy gesin nadat sy vrou onlangs met kanker gediagnoseer is.

Vryburg 72 groete

Vryburg 72 jag naweek

72 het die naweek lekker saam gesocial met ons jag naweek.

Dit was een vir die boeke gewees!!

Vryburg 72 gholfdag

72 het op 10 April weer ‘n uiters suksesvolle gholfdag gehou en ons kon ‘n aansienlike bedrag insamel.

Baie dankie vir al die borge , spelers en kopers op die veiling.

72 induction dinner

Vryburg 72 het vrydag aand ons nuwe voorsitter Jan-Hendrik van der Westhuizen ingehuldig en ook 2 nuwe tafelaars bygekry.

Baie geluk Marnus Linde en Hannes Geyer , ons hoop julle gaan dit ook geniet om ‘n verskil te maak in die gemeenskap.

Dit was soos ouder gewoonte ‘n heerlike aand en almal het weer lekker saam gekuier.

 

Vryburg 72 AGM 2021

Vryburg 72 het op donderdag 18 Februarie weer ons jaarlikse AGM gehou.

Ons het ons nuwe voorsitter en onder-voorsitter ingehuldig asook ‘n nuwe tafelaar en ook 2 pipeliners bygekry.

Baie dankie aan die manne van Hartz 186 wat saam ons kom kuier het en ons goeie jaar saam ons afgesluit het.

72 Groete

Vryburg 72 ouetehuis braai

72 het Vrydag 4 Desember weer ons jaarlikse ouetehuis braai gehou waar ons bietjie die ou mense van Rusoord Ouetehuis bederf het met ‘n lekker gesellige braai en ook geskenke.

Vryburg 72 fondsinsameling ten bate van LJ Visser

Vryburg 72 het in samewerking met Penguin verkoeling, Vryburg vleismark en OFM ‘n braaichallenge gehou op 18 September waartydens ons net net onder ‘n 1000 worsbroodjies verkoop het. Ons het ook op die dag ‘n jail for bail gehou waar ons ook verdere fondse kon insamel. Die hele dag was ten bate van klein LJ Visser.

Ons kon op die dag
R250,000.00 insamel en kon sodoende ‘n kwart miljoen Rand aan die LJ Visser trust oorbetaal.

LJ is ‘n 5 jarige seuntjie wat vir die afgelope 3 jaar teen kanker baklei het.
Klein LJ het intussen sy geveg teen die kanker verloor en sit nou aan die voete van Jesus.

Baie dankie aan almal wat ons met hierdie ongelooflike projek gehelp het.

Vryburg 72 groete

72 hou lekker social

72 het die afgelope naweek ‘n lekker social gehou saam die vrouens , kinders en 41’ers.

72 who!!!!

Noord-Kaap Area konferensie op Vryburg

Vryburg 72 het die afgelope naweek die Noord-kaap area konferensie aangebied.

Dit was vir ons ‘n groot voorreg om dit hier by ons te kon hou en dit boonop nog in 72 se 60ste bestaansjaar.

Dankie aan al die tafelaars en julle gesinne wat vêr gery het om die naweek saam ons te geniet.

Vryburg 72 groete

Vryburg 72 winter knights

Vryburg 72 het as deel van hul Winter Knights projek vandag R 20,000.00 se komberse by Rusoord ouetehuis gaan aflaai. Ons wil graag verseker dat elk van die 60 inwoners ‘n kombers het die winter.

 

Vryburg 72 bied hulp tydens Covid 19

Vryburg 72 het vandag vir verskeie organisasies naamlik Laerskool stellaland, Geel lint projek, Vryburg Ouetehuis, NG noord gemeente , Harmonie gemeente en AGS kerk, maand hampers,aartappels en mieliemeel oorhandig waar hulle dit weer verder sal versprei na behoeftige gesinne.

Vryburg 72 Groete

Vryburg 72 besigheids vergadering 4 Maart 2020

Vryburg 72 AGM 2020

(more…)

Vryburg 72 inhuldigings dinee

Vryburg 72 het soos oudergewoonte hulle nuwe voorsitter en komitee verwelkom by hierdie jaar se inhuldigings dinee.
Dit was voorwaar ‘n heerlike aand met lekker kos en goeie geselskap. Ons het ook vir Derik Reinecke sy kierie oorhandig waar hy nou by die 41’ers aansluit.

Ons is opgewonde om die nuwe jaar aan te pak onder leiding van ons nuwe voorsitter Ettiene Starke en die res van die komitee.

Vryburg 72 groete


Vryburg 72 kuier saam met Jakkie Louw

Vryburg 72 doen tydens Vryburg Agri-Borge aand die kroeg.

Vryburg 72 R 10 projek

Round Table Vryburg 72 in samewerking met Pick n Pay het ‘n R 10 projek gehou waartydens ons kruideniersware vir die ouetehuis ingesamel het. Ons het aan kopers by die deur elk ‘n R10 gegee en gevra dat hul vir ons iets in die winkel koop. Meeste mense het egter die R 10 terug gebring asook n nie-bederfbare kos produk. Ons kon na afloop van die projek ‘n bakkievrag kruideniers en kos aan die ouetehuis gee.

Vryburg 72 Golfdag 3 Aug 2019

Vryburg 72 het op 3 Augustus 2019 ‘n baie geslaagde Golfdag gehou te Vryburg Golfklub. Baie dankie aan alle spelers en borge vir jul ondersteuning.

 

 

Vryburg 72 Hammer boombraai

Vryburg 72 sosial onder die boom na Markus die vergadering kortgeknip het deur die Hammer te slaan.

41’er Witlon bederf die manne met ‘n Aftershock of 6.

Cheers Mater!

Ettas en Mot praat groot jagstories.

Vryburg Vetveeskou Kroeg

Vryburg 72 Inhuldigings Dinee

Tafelaars, 41 er’s, Dames en Gaste het Vrydagaand 8 Februarie 2019 by Orexi Steakhouse bymekaargekom vir die Inhuldigings Dinee van Johan (Junior) Esterhuizen.

Dit was voorwaar ‘n spogerige geleentheid met goeie kos, goeie musiek, koue verversings en kameraadskap van die hoogste gehalte. Ons is baie gelukkig om 3 nuwe Tafelaars te kon induct, maar dis met groot hartseer dat ons vir Wilton, Attie en Mot totsiens heet en afstaan aan die 41 er Klub.

Na die nodige decorum en verigtinge afgehandel is en nadat Die Sarge (Hen 10 C) sy strawe uitgedeel het, het ons soos oudergewoonte lekker saam gekuier tot die vroee oggend ure.

Baie dankie Varkie en jou reelings komitee vir n ongelooflike lekker aand.

 

Vryburg 72 A.G.M 7 Feb 2019

Vryburg 72 het op 7 Feb 2019 ons Jaarlikse AGM gehou waartydens Junior Esterhuizen verkies is as Voorsitter 2019/2020 en Reinhardt (Varkie) Du Plessis as Vice. Baie dankie aan Area Voorsitter Willie Gresse en die manne van Hartz 186 wat die aand bygewoon het. Baie sterkte aan Junior met sy jaar as Voorsitter.   

Vryburg 72 Po10Cy social

Daar het op 26 Augustus onverwags n braai uitgebreek by Hennie se huis.

 

Die manne het bietjie rally gery en toe na die tyd sosiaal verkeer met n vleisbraai en verversings.

Vryburg 72 Poker Night


Vryburg 72 het n poker aand gehou op die 8ste Augustus. Die aand was goed ondersteun en die manne het lekker saam gekuier.

Die totale inskrywingsgelde is in twee gedeel en een helfte het na Vryburg 72 gegaan.

Dit is n projek wat n jaar terug begin is en wat stadig aan groei.

Die volgende een sal gehou word voor die einde van die jaar so hou gerus julle media dop.

Groete

 

Vryburg 72

Vryburg 72

VRYBURG 72

Vryburg was in Maart 2016 gasheer vir die jaarlikse Donaldson Cross-Country rally, waar Vryburg 72 die Biertent oor n tydperk van drie dae beman het. Die Tafelaars het hul goed van hul taak gekwyt, en vir die jaers en gaste n baie lekker kuier aangebied.

 

Wegspring punt van die Rally.

m1

 

 

Vryburg 72 Tablers hard aan die werk.m2

 

Vlnr: Wilton, Mot, Attie en Ettas besig om roosterkoeke te maak.m3

 

 

Soos elke jaar het Vryburg 72 weer deel geneem aan die Winter Knights. Ons het soos oudergewoonte langs Ocean Basket in die hoofstraat van die dorp bymekaar gekom om die aand saam met die publiek te geniet. Die vure het hoog gebrand en dieTafelaars het gesorg vir lekker Roosterkoeke en iets te drinke teen die koue. Ons het goeie ondersteuning ontvang van die publiek, Kismet skool asook Tierkloof skool en n totaal van 75 swartsakke klere, 3 bale komberse en n verskeidenheid blikkie kos ingesamel wat in en om ons dorp aan behoeftige mense versprei gaan word.

 

Ouetehuis Golfdag – 2014

IMG-20141012-WA0008 Golf dag IMG-20141012-WA0009 Golf dag

Braaidag 2014

IMG-20140924-WA0005

Induction Dinner – 2014

IMG_7615 IMG_7643 IMG_7645 IMG_7655

2014 Biertent “Wrap-Up”

IMG-20140427-WA0008

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve