Round Table Northern Cape

5 VRAE MET ZACH GROVE – UPINGTON 79 VISE VOORSITTER

  1. Yes Zach, vertel ons biekie meer van jouself en jou gesin.

 

Zach Grove, oorspronglik van Britstown, bly in Upington, vrou Adinie oorspronglik van Fouriesburg, 2 pragtige kinders, Christiaan 4 en Hazel 2.

 

  1. Hoe het jy in Tafel beland?

 

Louis van der Walt my gevra, en my antwoord was Ja.

 

  1. Wat maak tafel spesiaal vir jou teenoor al die ander organisasies daar buite?

 

 Georganiseerd, kamaraatskap, vriendskap, en n bleddie goeie doel .

 

  1. Beste Tafel herinnering?

 

AGM Hartswater 2021 – Etienne Stark se passie oor Vryburg se projek van 2020.

 

  1. Wat wil jy graag nog beleef in jou tafel loopbaan (ARTSA’s fishing booggies etc)

 

Nog bitterlik baie!!!

 

Dankie dat jy die bal aan die rol gesit het, man van min woorde en baie aksies! Voorspoed vir jou Vice jaar!

UPINGTON 41ERS BEDERF TAFEL 79 MET N NUWE BRAAI AREA!

Upington 79 Tafelronde 41’ers gradeer Klubhuis op!

 

Upington 79 Tafelaars in gelukkig en bevooreg om met `n baie sterk groep 41ers te sit wat nooit bang is om raad te gee, of te help om `n verskil te maak nie. Al het almal reeds `n groot verskil gemaak gedurende hul Tafel loopbaan.

Hierdie spesiale groep manne het gedurende 2020 weerheens bewys hoe belangrik Tafelronde en sy doen en late steeds vir hulle is deur `n baie mooi gebaar.

Op hul eie koste het hul `n splinternuwe braai area, sowel as `n agterdeur met `n veiligheidshek gebou vir Tafelronde 79 se klubhuis.

Ter erkenning van hierdie mooi gebaar rig Upington 79 se huidige Tafelaars graag hierdie plaatjie ter herkenning op van hul onselfsugtige gebaar teenoor ons organisasie.

Mag dit `n voorbeeld wees vir huidige Tafelaars dat jy steeds `n groot verskil in jou “ou” Tafel kan maak, al is jy `n 41er.

Upington Tafelronde se huidige Tafelaars bedank graag die 41ers van Upington 79 vir hierdie lekker nuwe aanvulling tot ons klubhuis, wat ons huidige braai area opsies opskuif na drie in die Klubhuis. Een vir elke Upington seisoen. Baie Warm, Warm, en baie koud.

Upington 79 maak Kersfees Lekker vir MISPA Kinderhuis

Upington Tafelronde 79 maak Kersfees lekker!

 

Upington 79 het in Desember bietjie by die MISPA kinderhuis in Keimoes gaan kuier om die Kerstyd bietjie lekkerder te maak.

Nuwe lugverkoelingstelsels is verskaf vir die hele huis. Geskenkpakkies vir al die kinders en n lekker middagete was voorgesit, die kinders was omtrent opgewonde, en dit was n baie hartroerende dag.

“Ons is dankbaar om ‘n klein verskil in die kinders se lewens te kon maak, en ons sê weer baie dankie vir Upington se gemeenskap wat ons so getrou ondersteun met al ons projekte, dis hulle wat die verskil eintlik maak, ons is maar net die manne op die grond” Conrad Gresse,Voorsitter Upington 79.

Tafelronde sal weer die jaar by baie projekte betrokke wees, hou gerus ons Facebook Blad dop- Upington Roundtable 79 –  en help ons, om Upington se gemeenskap te help.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Conrad by 081 339 7644.

 

UPINGTON 79 VISITS BERLIN 178

Upington 79 Tabler, Willie Gresse, visited Round Table Berlin 178 in May month. The visit was very fruitfull, pins and banners were exhanged, and great fellowship and friendship was had by all. Ideas and beers were shared, and with some clever math it was decided that 1 + 78 = 79 and that we need to set up some kind of twinning agreement in the not to distant future! Thanks for the fellowship Berlin 178, and see you soon!

Willie Gresse receiving a pin from Round Table Berlin 178 member Raffael Fassler.

 

Upington 79 en Rotariers maak groot skenking moontlik

Rotary en Round Table Upington 79 werk saam om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Met die hulp van die Round Table Upington 79, is genoeg fondse bymekaar gemaak om ‘n ‘hoist’ aan te koop vir Maritsa Visser. Maritsa (39 jaar oud) se vorm van gestremdheid het tot gevolg dat dit uiters moeilik vir haar ma, Engela Visser geword het, om haar van haar stoel na die bed, na die toilet of selfs die bad te beweeg. Engela het self ook rugprobleme ontwikkel weens ie jare se druk en stremming wat op haar rug geplaas is en sy kon fisies nie meer haar kind skuif en self optel nie. Sy het aangewese geraak op hulp om haar daaglikse versorging van Martisa effektief te doen. Die twee diensorganisasies het fondse bymekaar gesit om dit moontlik te maak vir Martisa se ma, om haar moeiteloos en maklik te beweeg, sonder om haar fisies self op te tel en te skuif. Op die foto van links na regs staan Conrad Gresse van Round Table 79, Engela Visser, Maritsa Visser en Len Fourie van Rotary Upington.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve