Round Table Northern Cape

UPINGTON 79 KERSNAWEEK

Upington 79 het besluit om hierdie jaar bietjie nader te travel en ons het kersnaweek gaan hou in die Kalahari by Kagalagdi Lodge. Na `n lekker krismis vergadering en klein partydjie by 79 se Klubhuis die Donderdag aand, was niemand rerig lus vir werk nie en het die manne, met hul vroue en kinders al redelik vroeg begin vertrek na die Lodge.

Almal het Vrydag aand arriveer en ons het lekker in die restaurant gekuier en ontspan.

Saterdag is daar verwoed pot gemaak, geswem en gekuier.

Vader Kersfees het ook die aand kom kuier en vir die kinders lekker persente gebring.

Baie dankie almal, dit was weerheens `n baie lekker naweek, en ek het nie eers die see gemis nie.

Spesiale dankie aan Werner & Chantelle Swanepoel en hul twee oulike kinders wat al die pad vanaf Baberton 67 kom ry het om Krismis in die Kalahari te hou! Ons maak weer so!

SIEN DIE WERELD MET UPINGTON 79 – SAFARI ETE 2018

Op Saterdag 20 Oktober was dit weer tyd vir Upington 79 se jaarlikse Safari ete. Hierdie sosiale byeenkoms is `n hoogtepunt op die Tafel Kalender en almal sien jaarliks uit na die lekker dag van baie kuier, baie eet, en baie lag.

Lande is getrek op die Oktober besigheids vergadering en elke Tafelaar het dus oorgenoeg tyd gehad om sy vrou in te lig van watter kos gemaak moet word, watter drankies gebrou moet word, en die hoeveelste stop hulle sou wees op hierdie uitstappie.

Daar is 2 uur by land nommer een gestop, Thailand, beman deur Conrad en Maryke Gresse, daar was redelik vasgehaak aan cocktails en `n paar tipiese Thai Noodle disse, die party was reeds op volle dreef en agter skedule toe ons aanbeweeg het in `n vrolike luim.

Stop nommer twee was in Indie by Meneer en Mevrou Voges. Warm kos en koue bier het die bedryf mooi aan die gang gehou.

Stop nommer drie was by Louis en Christa van der Walt, en Spanje was baie verwelkomend. Tog wel nie baie maklik nie.

Stop nommer 4 was by pipeliner Nils en die manne het Duitsland geniet met sy Eisbeins en bier.

Daarna na stop nommer 5, by die Nel-Kuhn egpaar in Mexico – daar was lekker Mexikaanse kos, maar so bietjie te veel Mexikaanse dans sap.

Na baie tequila’s beweeg die bus na Dave en Lynne in Cuba, waar ek geleer het Kubane rook sigare en drink basies Rum en Coke.

Die partykie en toer het tot `n einde gekom by AJ & Lene Bloem in Brazil – ongelukkig het ek hier al reeds my notas verloor.

Aangeheg is `n lekker klomp foto’s van een baie lekker Safari Ete.

Dit is net `n vooreg om die wereld te sien so saam met jou Tafel pelle!

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve